RSS Feed

Koerante

Waarom sal koerante altyd die regstelling van hulle foute op p.2 wegsteek?  Verlede week berig die plaaslike koerant met groot letters op die voorblad, dat ‘n ou man in ‘n tref en trap ongeluk gedood is. Die week is ‘klein beriggie op p.2 geplaas dat die ou man nie die aankomende kar gesien het en voor hom ingeloop het.  Die bestuurder het stilgehou en hulp verleen… Waarom word dit nie ook op die voorblad geplaas nie.  Dink net hoe die persoon voel wat van die  ongeluk beskuldig was/is.

Ons leef in ‘n siek wêreld!

37991

14 responses

  1. Daar is nie sensasie daarin nie. Ons siek wêreld teer op sensasie. Miskien moet ek nie praat nie….. vandag voel ek keelvol vir die wêreld waarin ons leef.

  2. Is die bazaar nou toe? Waar is die Sondagkopies?

  3. Barend van der Merwe

    Niemand hou tog daarvan om te erken hulle was verkeerd nie! Dis maar die rede dink ek.

  4. Eks mal oor koerante, en lees altyd van hoek tot kant. Maar almal doen dit nie, en ja, dis unfair teenoor iemand soos hierdie. Sensasie soek word nie verkry deur foute reg te stel nie.

  5. Dis hoekom ek nie meer koerante lees nie…………

  6. goeie vraag. mens is ook nie altyd op die uitkyk vir regstellings nie, so word kettery die wereld ingestuur

%d bloggers like this: