RSS Feed

Monthly Archives: Julie 2014

Skuld

Tog interessant dat mens gevolgtrekkings maak en dan kwaad raak vir die ander ou as jy verkeerd is?

tumblr_m0yvw92Adw1r9z2d5o1_400

Die man wat in ons tuine gewerk het, het verlede Saterdag ons karre gewas, maar Maandag glad nie opgedaag. Die Landgoed was in rep en roer … Teen Donderdag is almal al bekommer. Toe die skokkende nuus – hy sit in die tronk vir 12 jaar – eish …

tumblr_n8ki9wUcia1rkvot1o1_500

 

Agtervolgingswaansin

Soms net som ly ek aan agtervolginswaansin.  Dan twyfel ek oor mense se motiewe – Ek wonder oor allerhande nietighede … ek verlang na mense wat ek nie ken nie… gelukkig hou dit nie baie lank nie… ek moet net doodstil sit tot die gevoel oorgaan.

Intussen het ek besluit om my rekenaar te beskerm,  want netnou voel hy nes ek!

 

Given the current climate re: concerns for computer and data security,

I suggest you take this message seriously. This is for your own safety and security!

If your workplace has been assessed and determined to be at a low level of risk,

the following method is recommended to ensure no one can see your passwords or what you’re typing:

5B24724266044D1297B29E145E9B7827@HKriel_edited

For a moderate level of risk, this method ensures no one can see your passwords,

what you’re typing, or which website you’re visiting…..

 

42C904C0B55D46F0A0AE63B61884B77B@HKriel_edited

For a high level of risk, this method ensures ultimate security:

 

DE2DE0EE1E2744D19590C89696521C3A@HKriel_edited

 

Vrydag Byskrifte

Hoop jy gaan deelneem om my Vrydag/naweek op te kikker. Hoop jy het ‘n heerlike naweek.

1

556788_10151419851482893_677628672_n

2

734298_10151321849952893_1136612162_n

3

379364_10151307398332893_1525067005_n

4

428403_10150954342672893_1246321746_n

5

528072_10150977334627893_1790798379_n

6

536988_10151375991312893_798234905_n

 

Eish…

As daar nou iets is wat my grensloos irriteer is die toiletpapier  ekstra lappie wat die vrou op  spieël teken. Ek gril my elke keer morsdood. Die feit dat hulle dit juis elke aand met etenstyd uitsaai help ook nie veel nie. Dit spoor my ook nie aan om te gaan koop nie.

Hoe beïnvloed sulke advertensies vir jou?

Charmin-Toilet-Tissue-Charmin-Comfort-ad1 dulcolax-laxative-toilet-paper-roll-small-19369 newspaper-circulation-down-the-toilet tissue-paper-dress-3 renova2 stock-photo-woman-in-the-toilet-157264457

Uitdaging 42 – Gunsteling Sitplekkie – @perdebytjie

Dankie aan almal wat aan verlede week se uitdaging deelgeneem het. Ek/ons het lekker gelees en gekyk. Almal is welkom om deel te neem in enige formaat. Ek doen altyd fotografie en gebruik altyd foto’s maar dis nie nie ‘n vereiste nie. Dis is net ‘n tema en jy mag daarmee doen wat jy wil. Hoop jy sal dit geniet.

Uitdaging 42 – Gunsteling Sitplekkie – @perdebytjie

Ek het nie self ‘n gunsteling sitplek nie – dis nou behalwe voor my rekenaar en dis eintlik meer oor die rekenaar as die sitplek.  Ek deel daarom ‘n paar ander se gunsteling sitplekke.

DSCN0310 DSCN3165 DSCN4050 DSCN6043 Picture%20030 Picture-4 105

Aftree-oord – sorgsentrum – Leefstyl Landgoed

Mense het ‘n vreemde persepsie van ‘n plek waar ouer mense gaan woon om verskeie redes. Mense dink en neem baie keer aan dat die mense met gevoude hande op die stoep of sitkamer sit en wag om dood te gaan.  As hulle die woord sorgsentrum hoor dink hulle aan die hierdie hospitaal gange waar die doodsroggelings opklink en nursies flink en vlugtig rondtrippel met opgooisel en bedpanne.  Ag nee wat jy maak ‘n vet fout.  Ja doodgaan is nie maklik nie, maar wil jy nie die heel beste uit die lewe haal tot die einde nie?

Een van die huise op die aftree-oord. Jy is geregtig op 'n plek in die sorg sentrum as jy hier bly.

Een van die huise op die aftree-oord. Jy is geregtig op ‘n plek in die sorg sentrum as jy hier bly.

Ja, die meeste mense is oud, maar voorwaar hier by ons sit hulle nie en wag om dood te gaan nie. Op die oomblik het ons 13 inwoners waarvan niemand siek is.  Daar is net een inwoner wat nog sê sy wens sy kan terug gaan. Ons het nounet aan tafel so gelag dat mens trane moes afvee. Ons praat oor die verwarmers wat ons in die badkamers laat insit het en die geisers wat vreeslik hoog gestel is – dis kokend warm.  Tannie H vertel met groot gebare sy het ‘n stoel in haar stort … sy draai die stortkraan vol oop en maak met die warm water die stoel lekker warm. Daarna haal sy die stoel uit en sit op die warm stoel tot die verwarmer die badkamer warm maak.  Ons het so hard gelag dat die ander inwoners skeef opgekyk het.

Vroegoggend uitsig

Vroegoggend uitsig

Die oudste inwoner is 92 en die jongste een Oom se gestremde seun van 55.  Mens hoef nie siek te wees om hier te woon nie. Mens moet net ouer as 45 wees. Jy kan op vlak 0 woon, maar dan maak jy jou eie kos. Ek het dit eers oorweeg maar is nie ‘n oomblik spyt dat ek die vlak 1 opsie met middagete gekies het nie.

Die sorgsentrum het Aluminium vir dak balke. Dit is veiliger vir 'n brand want dis moeilik om bedlênde mense vinnig te ontruim.

Die sorgsentrum het Aluminium vir dak balke. Dit is veiliger vir ‘n brand want dis moeilik om bedlêende mense vinnig te ontruim.

Die sorgsentrum wat hulle tans bou bestaan uit kamers ‘n badkamer en ‘n lekker sonstoepie. Ek weet niemand wil regtig daar wees nie maar as jy regtig sorg nodig het, is dit die enigste uitweg as jy nie die las op jou geliefdes wil plaas nie.   Ja, ja ek weet jy is nog jonk, maar ek wil net sê ouderdom is dalk nie so skrikwekkend soos jy dink nie. Jy kan wonderlike vriende ontdek en soveel pret hê – dit hang net van jou af.  En (skuus Lou) die heel beste is dat jy nog vir iemand anders iets kan beteken.

Kry vir jou 'n stokperdjie wat jy kan doen as jy oud is, dan hoef jy nooit bang te wees dat jy jou gaan verveel nie

Kry vir jou ‘n stokperdjie wat jy kan doen as jy oud is, dan hoef jy nooit bang te wees dat jy jou gaan verveel nie

 

Vrydag Byskrifte

Voor mens weer sien is dit Vrydag. Die weer hier is vreemd So half bewolkerig en effe koel, maar ek dink die koue kom aan.  Hoop die naweek is net mooi soos jy dit graag bestel. Geniet dit.

Dankie vir die inloer/deelneem.

1

8086eff79b547ba5f77319d83cfb55a4_L

2310201_10150342250262893_1374907447_n

310385492_10152536432609700_6522072169179122700_n

410418301_703105436420547_256243069057323190_n

5epic-teamwork6

6Kids26

 

 

 

Huppel ‘n vreugdes dansie!

♥♥♥ … na 4 jaar  en 1 maand is die koop van my nuwe huisie afgehandel. Dis sowaar tyd vir feesvier. Nou gaan ek begin gate in die mure kap en verander soos ek dit graag wil hê!  Dankie Dankie Dankie!

As ‘n mens ‘n nuwe huis koop moet jy baie geduld hê! Jy wag, en wag, en wag… en dan wag jy nog lank!

tumblr_mnqfqapwLl1sqfo4co1_500

 

Oudword…

…bring sy eie probleme. Die Groot Boek sê duidelik jy jy sal wees waar jy nie wil wees nie en dat die sprinkaan hom met moeite sal voortsleep.  Tog is dit interessant hoe sekere mense die beste van hulle omstandighede maak en ander smag na dit wat was… so asof dit sal wees soos hulle dink – maanskyn en rose.

As jy sukkel om gelukkig oud/ouer te word kan die dalk help!

d328c9cc11c6f29078e0bea2eeb7eb89