RSS Feed

Trots

 

Terwyl ‘n mens skoolhou is daar baie dinge waaroor mens kerm en kla soos nasienwerk, administrasie ongeskikte kinders, sportafrigting op warm middae en nog baie meer (Eish – speelgronddiens en eksamentoesig is seker die heel slegste). Daar is egter baie dinge wat die onderwys die moeite werd maak. Die oomblik wanneer ‘n kind wat ‘n aha-oomblik het, is wonderlik,  die feit dat jy weet dat jy vir sommige kinders ‘n liefde vir jou vak laat ontwikkel, is seker dit wat elke dag se swoeg die moeite werd maak.

DSCN4431_-1-1

Daar is ook die kinders wat mens baie trots maak. Op ‘n stadium het ek Kuns en Kultuur begin aanbied. Ek het glad nie opleiding daarin nie en behalwe dat ek darem so twee note na mekaar kan sing, weet ek baie min van musiek af. Ek het altyd vir die kinders gesê dat almal een of ander tyd in hulle lewens voor ander mense sal moet optree en dat hulle soveel moontlik moet oefen aan hierdie vaardigheid. Ons het daarom begin met ons eie Idols (Genoem Klanke-Kalante) Ons het oudisies gedoen (almal moes deelneem maar hulle koen kies of hulle net vir punte of vir die kompetisie wil deelneem) Dan het ons so 25 goeies uitgekies wat voor die hele skool gesing het, die kinders het dan gestem en die top 10 het dan vir die ouers gesing. Dit was altyd baie lekker en die kinders het dit geweldig geniet.

DSC00547

‘n Hele paar van hierdie kinders het voortgegaan met hulle sang/musiek en nou die dag luister ek na ‘n dogter se opname op FB. Dit was so so mooi dat ek ‘n knop in die keel gekry het.  Kinders maak ‘n mens oneindig trots as hulle ‘n sukses van hulle lewens maak. Ek is so oneindig bly as hulle vertel hoe hulle, hul studies geniet en goed presteer, maar ook wanneer mens besef hoe hulle gelukkig is. Kinders het op ‘n heel besondere wyse mens se lewe aangeraak. Dit so lekker om te sien hoe hulle hul plek vol staan in die lewe. Al hierdie goed laat die stres en minder lekker  goed van die onderwys verdwyn.

P1000896

Die kinders wat onderwysers word het in die laaste tyd baie vermeerder… dis sekerlik nie ek wat hulle geïnspireer het nie, maar ook dit laat my hart warm voel.

 

DSC01560

14 responses

  1. Daardie AHA-oomblikke is kosbaar.

  2. Tja, ek wonner of daar ‘n onnie was wat my onthou het, dalk Tannie Langie, wat op my eerste Sub A rapport geskryf het “Lewies is ‘n soet seuntjie” en sy is al laaankal ses voet onder.

  3. Onderwysers kan kinders maak of breek. Hulle dolverlief maak op ‘n vak, of ‘n vak laat haat. Ek is seker jy het iewers in jou loopbaan ‘n hele paar kinders gemotiveer en geinspireer.

    • Dankie… Ek was baie kwaai, maar het probeer om die beste uit elke kind te haal. Ek het altyd vir hulle gesê dat niemand ooit n plafon bereik nie en dat elkeen ‘n spesiale iets het … grinnik… en dat daar ‘n lewe na Wiskunde is! O ja en dat hulle hulle ouers moet manipuleer want dis goeie oefening!🙂

  4. Good bye. Good Luck en Good Riddance. Dis al wat my onderwysers vir my gesê het!🙂
    Ek lig my hoed vir julle onnies, dies wat in die bedreif was en nog is. Ek dink nou so daaraan. Sonder die grondslag wat julle in mense se lewens lê, hoe kan ons dokters, wetenskapilikes en ander slimmes kweek?

    • Nee wat ek glo dit glad nie Daar was sekerlik een of twee wat van jou gehou het want jy is voorwaar ‘n interessante siel

      • Onthou, op skool was ek BAIE anders as vandag. Nie dat ek stout was nie. Maar ek dink vra jy vir 98% van my onderwysers wie ek was sal hulle my nie herken nie. Ek was maar BAIE onmerkwaardig op skool.🙂

        • Ek wil nou nie maak of ek alle kinders verstaan nie, maar ek het altyd probeer om elke kind se volle potensiaal raak te kyk. Ek weet ook hulle sal baie bly wees dat jy ‘goed’ uitgedraai het.

  5. Ek kan glo dat vandag is dit met die anti-dissipliene politiek van die liberaliste moeilik om trots in die prille jeug in te bring, maar met mense soos jy is daar hoop.

%d bloggers like this: