RSS-toevoer

Totsiens

Dis swaar maar ek groet. Ek het nou alles probeer: Selfs ‘n system restore en die skep van ‘n nuwe blog met ‘n ander adres. Ek kry net nêrens toegang behalwe op Litnet en dis waar jy my soms sal vind.

Baie dankie vir al jou liefde en ondersteuning. Ek sal jou mis. Jy het my lewe op ‘n besondere wyse aangeraak en ek sal dit nooit ooit vergeet nie. Hoop jy sal elke oomblik van jou blog geniet – onthou dit kan dalk nie vir ewig wees nie. 

happy-quotes-259

 

31 responses

  1. Probeer hier hulp kry! Aan einde het hul verder hulp wat hul gee. http://en.support.wordpress.com/import/import-from-posterous/

  2. Ons sal Rondomtaliedraai mis Tina 😦

  3. Die probleem is iets met jou internet konneksie of blaaier. Hoe werk dit dat jy maande of jare se geduld gehad het met Naspers blogs wanbestuur, maar hierlangs wil jy dadelik moed opgee al is die probleem nie eers WordPress.com se skuld nie?

    Ek stel voor jy kry ‘n IT ou om te kom kyk. Mens kry mense wat uitkom na jou blyplek toe.

  4. monicahaddad01

    Ek kan nie glo dat daar nie ‘n oplossing is nie, Daar moet een wees.

  5. dit is totaal vreemd! Gelukkig het ons nog kontak op vele ander maniere. Laat dity gaan vir ‘n rukkie en kyk dan weer ~ dit kan dalk net weer dat die stelsel moet ontlaai ( ek gryp nou na strooihalms :D)

  6. Ag, neeeee, dit is tog nie moontlik nie.Ek is in elk geval te dom om te help en enigsins raad te gee. Jy hou die klomp hier bymekaar, dalk kan jy by litnet die klomp daar weer aan die gang kry. Lyk darem of daar nog ´n paar is en dat die probleme skynbaar daar opgelos is.

  7. Agge nee, jy gaan nou ‘n vreeslike gaping in my lewe laat 😦 Sien altyd uit na jou naweekfotos en “take.” Hoop werklik jy is gou weer terug!!!

  8. Ag nee Tina,jy breek my hart!Probeer nog asseblief.Jy voel vir my soos ‘n ou vriendin en ons kan jou nie verloor nie.Kan Zeppie nie help nie?

  9. Wat gaan dan nou aan, iewers lê die oplossing. Lyk na aanhouder probeer en wen.

  10. Aggenee! Hoe het jy dan hierdie geplaas gekry?

%d bloggers like this: