RSS-toevoer

Positief of Negatief (18N)

Vandat ek hier op die Landgoed woon het ek al ‘n paar goeie lewenslesse geleer. Van die begin af het ek en my twee buurvroue (die een 87 en die ander 80) besonder goeie vriende geraak. Ons drie vorm ‘n gedugte span – ons praat as daar iets fout is en help (as ons kan) waar dit nodig is. Ons het daarmee saam baie pret.

Aan die begin van Augustus sal ons 17 inwoners wees en sal ons nie meer gelyk middagete saam kan eet nie, want daar is nie genoeg plek nie. Ons het besluit om die laat sessie te gaan eet en ‘n nuwe tannie reken sy wil saam met ons eet want ons lag altyd  – behalwe dat ons soms sommer oor lawwe goed lag, is ons gesprekke nie onbenullig nie … ons is net oor die algemeen positief.  Elke mens kan kies hoe hy/sy deur die lewe wil gaan – ontevrede en negatief of vrolik en positief. Ouderdom het hiermee niks te doen nie.

Grinnik… die enigste probleem is dat mens se houding en monde jou diep in die moeilikheid kan bring! Het jy al geglimlag vandag?

 

551553_10151459529377893_867879920_n

10524317_10152592533275350_106540439884891836_n

10170757_10152085592384611_1484529326_n

10550855_610670105713554_2488532885347614648_n tumblr_m0yvw92Adw1r9z2d5o1_400

 

 

 

 

30 responses

  1. Ek dink jy’s ‘n ou doring en ‘n inspirasie.

  2. As ek te lank ernstig is raak ek morbied, dan gaan soek ek na iets om oor te lag. Lewensvreugde is ‘n wonderlike gawe. Party word daarmee gebore, ander moet hard daaraan werk.

  3. Lag is goeie medisyne

  4. vrolike opgeruimde geselskap doen sommer baie vir mens se eie gemoedstoestand!

  5. oe ek hou van Bruggie se uitdrukking.. dit is seker moeilik vir iemand wat pyn en wroeg om te glimlag, maar die gesondes sal altyd daar wees. Baie bly jy geniet jou blyplek en almal tesame.

    • Daar is baie positiewe en negatiewe mense wat meer pyn beleef as wat mens se verstand kan verstaan, maar ook daar kan mens die verskil sien. Dit gaan eintlik hier oor gesonde mense wat hulle lewens omkerm.

  6. monicahaddad01

    Die lewe is net te kort om na treurmares te moet luister…..

  7. Lekker man! Geniet dit. Die eerste foto hou regtig sy mond styf toe

  8. Dis al wat ons kan doen, anders is die gat net te diep. Dis nice om sulke vriende te he.

  9. Dis ‘n besluit wat mens moet neem.Ek hou my nie op met klakouse en negatiewe mense nie,alhoewel ek ook soms kla en vies word.Maar dis beslis nie deel van my daaglikse bestaan nie.

  10. Ek weet nie eintlik wat om te kommentaar nie 😆

    Ek probeer deesdae veral bitter hard om positief te bly, al is dit vir my ‘n erg moeilike tyd in my persoonlike lewe, maar soms kry omstandighede net die oorhand. Maar ek lag darem al weer. Dit tel seker vir iets?

    • Mmmm jy loop nie heel dag en fout soek met alles nie? Ek is ook maar soms neerslagtig. Ek sou ook graag iemand wou gehad het wat vir my lief is, maar die Liewe Vader is goed vir my!

  11. Positiewes apart ? Hoe lyk dit met rantsoeneer. Geen ontduiking van opvrolikplig nie. Ek heb je in de gate. Pasop !

    • Dit het net so uitgewerk. Interessant die persoonlikhede. Ek verstaan nou meer goed. Ek dink as mens uit ‘n negatiewe beswaarde huis kom bly jy so vir die res van jou lewe?
      Jy moet maar in die gate hou want ek dink jy is self hondstout.

%d bloggers like this: