RSS-toevoer

Uitdaging 44 – Rame

Uitdaging 44 – Rame

Ek het ‘n probleem. Daar is nog ‘n paar onderwerpe van bloggers oor maar ek het nie foto’s wat pas nie.  Dit het ook ‘n paar keer gebeur dat ek ‘n tema van iemand plaas en dat die persoon nie eers deel neem nie. Ek weet nie wat om te doen nie?

Die uitdaging is net ‘n tema en jy mag enige formaat gebruik daarvoor. Daar is ook geen reël nie. Hoop jy sal die een geniet.

Uitdaging 44 – Rame

DSCN4161

27 responses

  1. My raam uitdaging http://scrapydo.wordpress.com/2014/07/27/rameframes-uitdaging-44/
    Ek kry nie na jou gelink nie! Moes die adres maar net intik sodat ouens by jou kan uitkom.

  2. Moenie moed verloor nie Tina.Die paar wat deelneem geniet dit.Ek het ook ‘n keer of twee oorgeslaan,maar dit was ‘n tydfaktor.Omdat ek soms sonder woorde sit,help jou temas om my te laat dink.As jy nuwe mense soek,kyk wie lees by ander en follow hulle.Ek het al heelwat nuwe mense ontmoet en geniet dit baie op WP.

  3. Kyk bietjie hier! Hul verduidelik die groot en kleinmaak van fotos! http://dailypost.wordpress.com/2014/07/22/five-photo-fixes/

  4. josfien-agteros het geen idee nie. kom nou maar eers weer by

  5. My taak is in 🙂
    https://toortsie.wordpress.com/2014/07/22/die-stukkende-fotoraam-2/
    Fotorame maak nou eenmaal interressante fotos (hoop interressant is reg gespel… nie lus vir woordeboek soek en opkyk nie.)

  6. Terug pieng: Die Stukkende fotoraam | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

  7. Ek stem ook saam dat jy ouens aanmoedig om hul blog skakel hier te plaas sodat dit makliker vir ander is om hul se dele te sien. Ek sien bv net die paar wat ek volg die res sien ek nie want ek weet nie wie dit is nie. Ander blogs doen dit tog maar so. Gee dit as reel dat hul skakel moet los!

  8. ‘n voorstel: kan almal wat deelneem ‘n skakel hier by jou kom los, dan verseker dit dat ander daar kan gaan lees

  9. PS – Moenie ophou nie. Ek hou daarvan om te kyk na almal se bydrae’s.

  10. Skies Rondomtalie. Ek is beslis ‘n skuldige wat nie altyd deelneem nie. Maar ek probeer regtig! dit gaan my blijkbaar ‘n rukkie wat om my nuwe rekenaar te bemeester. Sal aan nog ‘n paar onderwerpe dink!

  11. Hoe neem ek deel? Ek het ‘n paar mooi raamfoto’s.

    • Mmmmm gooi hy die kommentaar is in die spam-lêer. Jy kan sommer dit op Litnet plaas … al is almal weg loer hulle tog nog daar. Enige formaat kan gedoen word … die is net ‘n week tema!

  12. ek kan glad nie onthou watter temas al opgeduik het nie, kan dus nie iets voorstel nie. Wat van A tot Z?

    • Dis ‘n gawe idee Sal sommer volgende week begin Dankie Die belangstelling iks ook maar skraal maar die mense wat deelneem se inskrywings is altyd so mooi dit maak dit tog die moeite werd

%d bloggers like this: