Vanoggend kry ek so vreemde gevoel. Ek wonder hoe dit sal/sou wees as ek moreoggend dou voor dag moes opstaan en vir die eerste dag van die nuwe kwartaal by die skool moes aanmeld. Dit gebeur baie selde want ek geniet die aftrede ongelooflik baie. Alles het verander in die onderwys en hoewel ek nogal nuuskierig is of die stelsel beter werk, is die idee van vroeg opstaan en veral van nasienwerk ‘n baie onaantreklike gedagte Ek het toe maar ‘n oomblik doodstil gelê tot die gevoel verby gaan.
Sterkte aan al die onderwysers en kinders vir die nuwe kwartaal. Hoop dis opwindend en baie pret.
Ek sou ook doodstil gelê het 🙂
Dit is darem gans te lekker om op ‘n mens se eie tyd in die oggende op te staan.
Ja ek kan aan die weelde gewoond raak
Soms kry ek ook nog die gevoel dat ek weer wil skoolhou, maar dan soos ek dit graag wil doen. Gelukkig staan ek steeds vroeg op so die vroeg opstaan sal nie pla nie.
Ek is ook vroeg wakker maar sit al te lekker met die laptoppie in die bed.
As ek wakker word moet ek op my lyf hou nie van die stil le nie. Vanoggend is berge wit gesneeu brrrr
Ja Julie is darem winter
Netso, e moontlik gaan ons n heerlike troue naweek he!
Ek is bly jy is positief. Dit gaan besonders wees want dit is hoog tyd en jou enigste.
Wanneer ry julle?
Vat Bertus Woensdag lughawe toe, Stella ry al Saterdag. Ek en vriendin ry Donderdag en kom Sondag terug.
Gaan hulle op wittebrood? Gaan lekker wees. Gaan Kiki nie meer saam?
Geen wittebrood nou- Bertus het pas by nuwe maatskappy begin werk en kan nie nou gaan en Stella het bevordering gekry en moet nou haar kant eers bring. Hul wil volgende jaar iets doen. Kiki gaan beslis nog saam
Ag dit gaan lekker wees Jy hoef ook mos nie heeldag by die mense te wees nie Julle kan plekke sien en alleen kuier.
Dis die idee. Gaan juis n dag vroeer om bietjie rond te kyk
Lekker Geniet dit
Ek wonder oor die kommentaar Ek het dit al geantwoord … vreemd dat dit nog hier is!
😀
Ek hou al jarre en jarre aan en af skool. Nou, hopelik die laaste keer by ‘n baie goeie privaatskool en waar ek gewoonlik op die eerste dag van die kwartaal ‘n knop op my maag gehad het omdat ek bang was vir die kinders wat so stout was, het ek nou so knop op my maag omdat ek bang is vir die onnies….
Ag liewe tyd! Ek is bly dit het my nog nooit oorgekom nie. Sterkte Dis darem nie vir altyd nie – of wat!
Gelukkig het jou gevoel oor gegaan…baie lekkerder om laat te lê en te doen wat jy wil!
Dis waar – ek kan nie glo ek is so gelukkig nie en dis ook nie of jy jou verveel nie!
Daai slegte gevoel het net die lekker gevoel daarna versterk 🙂
hehehehe jy is meer as reg! Almal het gesê ek sou dit sooooooo niks maar dis regtig nie waar nie Dis sooooo lekker om dit nie te doen nie
Meer admin as voorbereiding, en meer dissipline prober toepas as wat leer plaasvind. More kwart oor 5 opstaan – nee, ek’s nog nie reg daarvoor nie! Dis te koud!
Ek dink nie ek sal dit meer kan doen nie … sal ‘n baie selgte onderwyser wees