So effense verandering met die onderwerp. Dit maak dit moeiliker vir die fotograwe onder ons, maar dit is net ‘n kans om iets anders as foto’s te plaas. Â Wat gaan jy doen as herdenking van Mandela dag. Nee, ek weet jy doen nie eintlik mee nie, die beginsel is tog ‘n goeie een. Waar/hoe gaan jy uit jou pad uit om iets vir ander mense te beteken?
Uitdaging 43 – Mandela Dag – @monicahaddad
Ek het gister aangekondig dat my bydrae vir die Mandela Dag sal wees dat ek altyd die klein tannies se kussings sal aandra met etenstyd. Hulle reken ek sal dit vir die res van my lewe moet doen om die tyd op te maak. Ek spot eintlik net. Vandat ek hier op die landgoed ingetrek het, is daar wonderlike geleenthede om iets vir mense te beteken en aangesien ek die jongste is, is dit vir my ‘n besondere voorreg… mens voel so geliefd dat mens dit met die grootste vreugde doen.
Ek het gister ‘n paar foto’s van die TV af gesteel … die motorfietsryers doen hulle deel vir die eerste gedenkdag sonder Mandela.
Ek hou van die beginsel. In die verlede het ek ons plaaskinders bederf, maar hul het nou so min geword en ek loop so baie rond. Sal aan iets moet dink om vir ons plaaswerkers te doen, soos om ‘n koek te vak.
Dis ‘n gawe plan
Ek onthou nou wel van iets wat ek gedoen het. Vakansie akkomodasie gratis aan iemand verskaf.
Soos ek jou leer ken het,is ek seker dat die hele jaar by jou Mandela dag is
Dankie vir komplement.
Ek sal ook nog moet dink. Manlief se werk het intussen gevra vir speelgoed en klere wat hulle wil vat vir ‘n kinderhuis. Solank is dit my bydrae, maar dit voel soos “the easy way out”, en is nie baie fisies nie.
Ek is om eerlik te s^e teen die vertoon van die ding. Baie instansies/mense doen net sulke goed om in die koerant te kom.
Maar die beginsel is wonderlik. Ons doen te min vir ander
Ek en Vroukie gaan dieparkie hier oorkat ons opruim. Sy gaan ook ‘n maaltyd voorberei vir ‘n ou tannie wat allen hier onder in ons straat bly.
Welgedaan!
Sal bietjie my stuk wat ek geskryf het oor Mandela op my blog sit(was terwyl hy nog gelewe het). Glo nie dit pas heeltemaal nie, voel dit kan dalk n idee wees
Enigiets pas mos
😀
Ek weet nie eens watter dag dit is nie. Die 16e Julie?
18 Julie was sy verjaardag Dis net vir my ‘n goeie waarde om mense te help waar jy kan
Dink dat die elke dag ons taak is om mense te help waar ons kan, dus moet jy elke dag daardie kussings aandra.
Grinnik…dis nie eers altyd nodig Soms bly die kussings darem l^e! 🙂
eindelik my Afrikaanse blog hier op WP . hopelik sal ek no kan saamkuier ( sukkel egter vrek baie!!)
Ek het gesien maar jy het mos ander ook? mens kan net die taal verander dan werk dit ook?
daar het ek omtrent net buitelandse kontak
ok maar dis belangrik dat jy die bekende follow dan doen hulle dit mos met jou ook?
Sal nog dink.
Dis nogal moeilik @perdebytjie
Op Mandela dag gaan ek rus van alles wat ek altyd vir almal doen – ‘n hele dag lank. Net aan myself dink en net goeters vir myself doen .
@avega ek dink jy doen meer as genoeg vir die gemeenskap so jy mag maar!