RSS Feed

Skuld

Tog interessant dat mens gevolgtrekkings maak en dan kwaad raak vir die ander ou as jy verkeerd is?

tumblr_m0yvw92Adw1r9z2d5o1_400

Die man wat in ons tuine gewerk het, het verlede Saterdag ons karre gewas, maar Maandag glad nie opgedaag. Die Landgoed was in rep en roer … Teen Donderdag is almal al bekommer. Toe die skokkende nuus – hy sit in die tronk vir 12 jaar – eish …

tumblr_n8ki9wUcia1rkvot1o1_500

 

23 responses

  1. Tina, ek het een maal so regterhand gehad op wie ek gewldig staat gemaak het wat toe ook net verdwyn. kom hy paar maande later in voetboeie ( dus potensieel gevaarlik) in vir sy roetine borskas X-strale (TB gekry in die tronk). Ek en hy was dikwels stokalleen in die afdeling wat taamlik eenkant van hoofgebou was

  2. Hoe nader aan die vel hoe meer meegevoel is daar. Vriende van ons se seun is in die tronk vir moord. Daar het ek gesien hoe bly ouers is dat doodstraf afgeskaf is.

  3. monicahaddad01

    Amper soos ek, wat so vies was vir die bure uit die stad omdat hulle buitelig aan was, en toe ek mooi kyk was dit die maan wat so helder was. het nogals soos ‘n popo gevoel.

  4. Nood laat mense dinge doen wat hul nooit aan sou gedink het om te doen nie. Dis onregverdig om te veroordeel op hoor se! Ek voel as dit by geweld kom teenoor n ander mens is die persoon wat dit doen buite beheer. Daar moet opgetree word. Ek babbel nou net sommer. Sit juis met n taai tammaletjie met my drinkende skoorsoekerige buurvrou. Een ou dame by my skryfgroep het gese vat jou kierie en wiks haar van n kant af. Asof dit so maklik is. Omstandighede kan mens regtig tot “moord” dryf(ek se dit ligtelik want dis nie reg nie)

  5. Ai,dis wat mens altyd so sleg laat voel.Dit lyk na ‘n goeie mens en dan word mens geskok deur so iets.Wie weet wat regtig gebeur het…net die ou wat dit gedoen het.Dis hoe ek oor Oscar ook voel.

    • Ek glo regtig dat geen geweld verantwoord kan word nie, maar dan het niks nog ooit so naby aan my gebeur nie.
      Ek glo aan regverdige straf. Dan worstel ek met ryk en arm moordenaars ook. As mens geld het het jy altyd ‘n ander uitweg ook.

  6. Ons karre gewag – seker gewas?

  7. Hoe kan hulle so ‘n belangrike deel van jou buitekantse agtergrond upsluit, net omdat hy ‘n moord gepleeg het?

    • Grinnik… ek glo nog altyd moordenaars moet opgesluit word … maar skielik is dit iemand naby jou en dan kan mens dit half nie glo nie. Ons ken glad niks van die feite nie maar iemand sê vanmiddag aan tafel dit was seker ‘n ongeluk… ek kan nou begin wonder oor mense war sê ag siestog die arme Oscar. Ek het nou ook half lus om te sê Ag siestog Arme Joseph Oor 12 jaar is h ‘n werklose ou man?

  8. Met ander woorde voordat hy daar by die Landgoed gaan werk het . was hy reeds beskuldigde in saak miskien.roof (gewapende roof – of iets soortgelyks) nie ligte oortreding vir soveel jaar tronkstraf nie. Ai tog , dan sal landgoed maar vooraf moet uitvind van enige vorige oortredings oor veroordelings..

    • Blykbaar het hy 8 jaar gelede sy vrou dood gemaak… laat mens met ander oë na ‘moordenaars” kyk Mens ken nie die feite nie maar ons ken hom as ‘n vriendelike hulpvaardige man Praat sag Baie respekvol. Was nog nooi so naby so iets nie

  9. n Gevaarlike karwasser

%d bloggers like this: