RSS Feed

Eish…

As daar nou iets is wat my grensloos irriteer is die toiletpapier  ekstra lappie wat die vrou op  spieël teken. Ek gril my elke keer morsdood. Die feit dat hulle dit juis elke aand met etenstyd uitsaai help ook nie veel nie. Dit spoor my ook nie aan om te gaan koop nie.

Hoe beïnvloed sulke advertensies vir jou?

Charmin-Toilet-Tissue-Charmin-Comfort-ad1 dulcolax-laxative-toilet-paper-roll-small-19369 newspaper-circulation-down-the-toilet tissue-paper-dress-3 renova2 stock-photo-woman-in-the-toilet-157264457

31 responses

  1. Ek ken ook nie die advertensie nie? Al wat ek weet is dat ek dubbellaag koop waar dit die goedkoopste is. Tensy die hondjie toiletpapier ‘n gratis speelgoedhondjie binne-in het. Dan moet ek twee koop sodat elke kind ‘n speelding kan kry!!

  2. jammer …ek sou nog wou byvoeg ..dit is nou waarlik ‘n gatslag!

  3. ..en dan kyk sy so oor haar skouer na haar stewes so asof sy sou wou sê ..jy’s volgende!! My kinders sou sê “O Grose!!” as ek dit nou regspelle..

  4. Ek het dit nog nie gesien nie.

    Wat my egter die meeste irriteer is die advertensies vir die vrougoeters. Genade. Almal weet van dit, dis nie nodig om dit te adverteer nie. Dis nie dat dit my afsit nie, ek dink net dis half onnodig. En stupid.

    En by the way, ek weet nie van ander vrouens nie, maar glo my, gedurende daai tyd wil ek beslis nie perdry of tennis speel of op die strand baljaar nie. Ek soek ‘n warmwatersak en tjoklits dankie.

  5. Gelukkig kan ek ook nie die advertensie sien nie. Ek dog eers dis daar by jou wat dit gedoen word en dan nogal gedurende etenstyd? Klink nogal weird Ha ha. Jy moet n duideliker prentjie teken.

  6. Vertel bietjie meer, ek weet nie waarvan jy praat nie :-0

  7. Ek het nie tyd vir k@k advertensies of k@k teevee nie…

    • hehehehe…. jy het my sprakeloos!

    • Stem 100% Skeletor! Hiers ‘n “fastfood” analogie :Om SABC TV te kyk is soos om ‘n crappy burger te sit en eet by die Griek se corner kafee, dis vuil, die kos is olierig en die diens is swak. Betaal ‘n klein bietjie meer, sit in ‘n beter restaurant en geniet die ete vir wat dit is. Vir bietjie meer geld en moeite kry ek eerder ‘n goeie kwaliteit DVD of reeks op hardeskyf. Die probleem met die Griek se “burger en chips” is jy raak naderhand so gewoond aan die gerief van vining oorstap… dis mos “naby” dat jy verleer om goeie kos na regte te waardeer, nes jy verleer om goeie shows te waardeer, dis mos vining TV aansskakel en kyk na die gemors wat hulle reken jy moet op daardie tydstip kyk. ADS included.
      Tina, wat is die handeslmerk wat adverteer word wat jou so laat gril? Ek wil gaan kyk op youtube of dit nou rerig so erg is.
      Na die tyd sal ek tien teen een net “whatever” se… dit antwoord jou eerste vraag: Advertensies beinvloed my nie. ‘n Oulike een sal ek eenkeer kyk as iemand dit aanstuur.

  8. Toe ek die advertensie die eerste keer gesien het, het ek die volgende dag gewonder of ek my verbeel het, of dat ek een of ander nagmerrie gehad het. Toe ek dit die tweede keer sien, to besef ek dis rêrig! Ek kon dit nie glo nie! RAAR maar WAAR!

  9. Weet niks van die advertensie nie. Een groot voordeel van nie tv hê nie…. mis al die advertensies.

%d bloggers like this: