Dankie aan almal wat aan verlede week se uitdaging deelgeneem het. Ek/ons het lekker gelees en gekyk. Almal is welkom om deel te neem in enige formaat. Ek doen altyd fotografie en gebruik altyd foto’s maar dis nie nie ‘n vereiste nie. Dis is net ‘n tema en jy mag daarmee doen wat jy wil. Hoop jy sal dit geniet.
Uitdaging 42 – Gunsteling Sitplekkie – @perdebytjie
Ek het nie self ‘n gunsteling sitplek nie – dis nou behalwe voor my rekenaar en dis eintlik meer oor die rekenaar as die sitplek. Ek deel daarom ‘n paar ander se gunsteling sitplekke.
My taak is in 🙂
http://toortsie.wordpress.com/2014/07/10/my-droom-sitplek/
Terug pieng: My droom sitplek | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie
Ek sal gaan lees
My foto’s is ook effe klein. Hoe kan ek hulle groter maak asseblief?
Ek is nie seker nie Ek dink dit het met die tema van die blog te doen
Dankie, met tyd kom raad.
A wonderful collection of ‘seats’!! 🙂
Thank you for visiting Madhu
Ag daardie twee oompies is te goed. Sou nie omgee om op ‘n bankie daar naby te sit om te hoor wat die twee praat nie. 🙂
Hulle was heel knorrig want hulle vrouens het heerlik in die kwekery gedraai!
Ek hou van die foto van die twee omies! Ek kan nogal sien hoe hulle dag in en dag uit daar sit en alles en nog wat bespreek
Jammer om jou droom te kelder Hulle was saam op toer en heel knorrig oor hulle vrouens so in die kwekery gedraai het.
Ek wou nog die kinders doen,maar sukkel steeds om reg te kom.Ek dink dis al die cookies en caches of wat ookal wat my fnuik.Sal regkom.
Ek sien Lora2me het hare op Litnet gedoen. Ek weet nie hoeveel lees daar nie maar as jy te veel sukkel kan jy dit altyd daar doen? Ek lees nog elke dag daar.
Ai Tina,ek het nou Chrome browser gelaai,maar ondervind steeds dieselfde probleem.Ek sal maar by Litnet probeer.Dit voel nou soos die duister dae daardiekant!
Jong Jy moet vir Zeppie vra…Dalk kan hy jou help Daar is dalk net ‘n probleemverstelling op jou blog?
mmmm ek sien ek het die foto’s te klein gemaak daarom lyk hulle so snaaks Jammer