RSS Feed

Monthly Archives: Junie 2014

Uitdaging 38 – Stokperdjies – @soet-en-suur (Pixie)

Baie dankie aan die deelnemers aan verlede week se uitdaging/tema. Daar was ‘n uitstkende inskrywings. Die is slegs ‘n tema en jy mag dit in enige formaat aangebied word.  Enigiets is aanvaarbaar en ons kom kyk/lees graag.

 

Uitdaging 38 – Stokperdjie – @soet-en-suur (Pixie)

Jy weet teen die tyd dat fotografie my stokperdjie is en ek deel graag ‘n paar van my gunsteling modelle!

DSCN5991 DSC03401 DSC05612 DSCN8772 DSCN0334-2-1 DSCN8774

Ander se woorde

As jy kyk hoe akkedisse en leeus paar, sal jy sien dat in 200 000 000 jaar die manlike geslag nie een enkele nuwe idee gehad het nie. Robert Ardrey

34868

Ek gaan die week se uitdaging uitstel tot ek my rekenaar terug het. Jammer dis buite my beheer. Geniet die vakansiedag more!

Moedeloos

Ek is regtig moedeloos met my laptop wat ek in Oktober 2013 gekoop het. Dit het natuurlik die dekselse Windows 8 op.  Die Windows kry nou vir meer as ‘n maand nie opgedateer nie. Dit dateer op en dan loop iets fout en hy skryf alles terug. Daarna wil die internet nie aanskakel nie … Chrome werk glad nie meer nie en Firefox kry ook nie opgedateer nie. My bank Anti-virusprogram het ook Vrydag verval en dit wil ook nie hernu nie.

Ek was die hele dag by vriende wat probeer help het, maar geen van die planne het gewerk nie … ek voel regtig om die ding weg te gooi!Ek voel of my hande afgekap is … Ek wens ek het meer kennis gehad…sug! Ek wil sommer op ‘n hoop gaan sit en huil.

Mooi aand vir jou. Kom ons glimlag maar so effens.

327135160_e346d85003

 

Vrydag Byskrifte (N18)

Sjoe, die week het verby gevlieg. Dankie vir jou inloer/deelneem Dit kikker sommer lekker my naweek op.

Hoop jy het ‘n heerlike naweek:

1

10360556_760133967354417_8315925884197693029_n

210325642_753610078006806_5567747392127101849_n

310401910_768236836544130_8679245058073904421_n

4

10458050_770634422971038_982926043781689313_n

5

10277825_751137628254051_7244036462129991070_n

610277593_756073387760475_366242825743639122_n

 

Verniet – Gratis

Dis darem interessant dat almal tog so opgewonde raak as iets verniet is… hulle sal selfs geld uitry agter iets aan wat gratis is. Ek hoor dat mense on taxi’s nou gratis internet kan kry. Ek wonder of ek nie ook maar bietjie met my laptoppie in ‘n taxi moet gaan rondry nie. Aan die ander kant het ek geleer dat niks verniet in die lewe is nie.

Hoe voel jy oor dinge wat gratis aangebied word? Maak dit jou opgewonde?

49159

  50935

46164

Martin Mans

Gisteraand was ons bietjie uit! Sug… ek word nou oud lyk dit my, die aand is regtig koud hier in die Bosveld.  Ek het weerbesef dat hulle dringend iets aan die buite beligting hier op die Landgoed sal moet doen.

Die konsert was besonders Martin Mans is Nederlandse orrelis en ek het my verstom oor dit wat hy uit die instrument opgetower het. Ons dorp se beste skoolkoor het egter my hart gesteel. Sjoe …hoendervleis mooi. Vir ‘n oomblik het ek terug verlang skool toe, maar blitsig die gevoel onderdruk. Het ek jou al vertel hoe lekker dit is om afgetree te wees?

EK wonder waarom my blog nie op die opdateerlys verskyn nie? Is ek die enigste een of gebeur dit met jou ook?  Of is dit net ek wat dit nie kan sien nie?

143

214

IMG00288-20140610-1856

Jammer die selfoonfoto is maar swak

Uitdaging 37 – Woorde – @zephur

Verlede week se uitdaging was die letter V en nie V vir voëls nie. Ek gee glad nie om dat jy ook dit oor voëls gedoen het, maar as die voëls jou gekeer het om deel te neem sou dit baie jammer wees. Die uitdaging is geheel en al sonder reëls. Jy kan enige formaat gebruik en alles is aanvaarbaar. Dis slegs ‘n tema. Jy kan selgs eenkeer deelneem of elke dag. Jy kan selfs laat inskrywings doen as jy skielik op ‘n iets ouliks afkom.

Hoop jy geniet die week se tema.

Uitdaging 37 – Woorde – @zephur

Die was vir my ‘n erg moeilike uitdaging, want die een foto wat ‘n duisend woorde spreek, het ek nog nie geneem nie.

Die man van weinig woorde se solder is so klein dat daar nie plek vir kaf is nie.  C J Langenhoven

Leen jou ore uit aan iedereen wat ‘n tong het, maar moenie jou tong uitleen aan iedereen wat ore het nie. C J Langenhoven

‘n Woord is soos ‘n by, dit het heuning en ‘n angel. Die Talmoed

Dis stilste woorde is hulle wat die storm bring. Friedrich Niettzche

Wie die kennis het, kan spaarsaam met sy woorde wees…   Spreuke 17:27

Ek ploeg dus maar met ‘n ander se Foto wat die duisend woorde spreek

http://www.culturainquieta.com/es/fotografia/item/3952-cerillas-quemadas.html

10299952_757172540983893_2012014384831849816_n

Ander se woorde

 

10322596_751674638200350_6902070131516195380_n

Arrogant

Waarom praat sommige mense met ouer mense asof hulle stupid is? Dis erg ongeskik en arrogant!

0eb93f58d5a37a82e0a5f8dd719858e7

Vrydag Byskrifte

Elke Vrydag het ek op my Litnet blog foto’s gepubliseer waarvoor die bloggers dan byskrifte gegee het en ek wil die gewoonte hier voortsit, want dit kikker sommer my naweek op. Dankie vir jou inloer/deelneem. Ek hoop jou naweek is net soos jy die bestel het.

Hier ‘n die Noorde waai daar ‘n wind wat kouer as ‘n sneeustorm is!

1

51324

2

10255203_649789631760471_7390403785532041743_n

3

10338332_10203221642015420_2446738634775841399_n

4

nano19

5

nano38

6

nano13