RSS Feed

Dankbaarheid.

Ek is maar een van daardie mense wat lekker kan kla en pruttel oor verskillende goed, maar dan op ‘n sonnige dag het mens so aha-oomblik en besef jy dat jy baie goed het om oor dankbaar te wees:

1. Gawe vriende met ‘n gesonde sin vir humor.

2. ‘n Nuwe huise wat al soos ‘n ou tuiste voel.

3. ‘n Gekookte maaltyd elke middag sonder skottelgoed.

4. Genoeg geld om my verpligtinge na te kom en iets oor vir die ekstras.

5. Vriende wat weet ek hou van tjoklits.

6. Dat ek my eie lewe het en nie vir ander hoef in te staan nie.

Wat van jou? Waarvoor is jy die dankbaarste?

0eb93f58d5a37a82e0a5f8dd719858e7

 

17 responses

  1. Ek hou van jou redes tot dankbaarheid, veral die geen skottelgoed! Vandat ek afgetree het is ek nou kitchen boy cum honnedrolopteller.

    • Ek het nie gedink dit sal so lekker wees nie Jy kom in gooi vrugtesappie in en hulle sit voorgereg voor jou neer As jy klaar geeet het skreeu jy dankie na die kombuis se kan toe as jy onthou en stap na jou huisie toe in die geselskap van lekker vriende.

      Ek mis ‘n hondjie maar die tuin is ook nie my probleem nie

  2. Ek het jou nog nooit as klakous ervaar nie!

  3. Familie…goeie vriende…die vermoe” om ietsie snaaks te vind selfs in ‘n stewige krisis as een oor my pad sou kom.

  4. Gelukkig is daar meer om dankbaar voor te wees as om oor te pruttel. Elke dag het vele plesiere as mens net om jou kyk. Dis so lekker om dankbaar te kan wees.

  5. ‘n Warm bed elke aand. ‘n Vol maag elke dag, ‘n werk met net genoeg uitdagings sonder om te veel stres te gee, elektrisiteit wat darem meestal werk (mens besef eers die waarde as jy dit nie het nie); ‘n Gesin vir samesyn, ‘n plek waar ons elke jaar amper-verniet kan vakansie hou, fietse, gesonde liggame… en vele meer. Mens besef jou voorregte wanneer jy by plakkerskampe verby ry. Ek dink nie ons sê genoeg dankie nie.

  6. I’m just thankful for each new day.🙂

  7. Ons is vandag baie dankbaar dat die son skyn. Hier is letterlik honderde duisende mense wat uit hulle huise moes padgee, na oorvloedige reën en die riviere hulle walle oorstroom het. Kon dink hoe erg dit vir hulle was, terwyl dit die afgelope paar steeds gereën het.

  8. Joune verdien sterre .

%d bloggers like this: