RSS Feed

Lees

Net Ek  gesels vanoggend oor Afrikaans en Engels en dit wat mens lees.  ‘n Mens se smaak en gewoontes verander mos maar so met die tyd wat verby gaan.  Ek het laat in my tiener jare eers die genot van lees ontdek. Miskien omdat ek nie ‘n goeie leser is nie. My aandag dwaal en ek lees selektief net om die storie te kry. Dit het my al diep in die moeilikheid gebring – veral op die blogs waar mens nie sommer kommentaar kan lewer sonder dat jy deeglik gelees het nie… ek onthou een keer toe iemand ‘n vreeslike aandoenlike blog geskryf het oor iemand wat oorlede is en ek plegtig erken het ek hou daarvan. Ek het so van die persoon se skryfstyl gehou en die storie het my so aangegryp dat die kommentaar my diep in die moeilikheid gebring het.

Ek lees graag:

1. Almal wat ek volg se blogs en die kommentare

2. Tyskrifte hehehehe Huisgenoot VroueKeur – Afrikaans dus. (so stenig my!) Lees darem ook Readers Digest.

3. Engelse fiksie – Nee geen literatuur nie … ek hou van aksie en darem bietjie seks om dit op te kikker.

4. Kort koerantberigte in Afrikaans – as ek een koop lees ek altyd die lesers se briewe.

5. Ek kyk hoofsaaklik prentjies/foto’s op die internet, maar sal soms die byskrifte lees.

6. Ek blaai deur ons plaaslike koerante en kyk of my skool darem soms die koerant haal.

7. Ek lees soms die kleinskrif op medisynebottels en soms advertensies.

8. Ek lees glad nie instruksies nie.

9. Ek lees glad nie die inhoud van blikkies of verpakte kosse nie.

10 Ek lees swaar aan amptelike briewe.

Kom vertel ons bietjie wat lees jy graag en in watter taal.

51331

 

 

56 responses

  1. As julle te veel op mekaar “reply” raak die kommentaarblokkies al smaller en later onleesbaar. Kan mens nie ‘n ander plan daar maak nie?

  2. Ha-Ha, ek het al baie gesê ek is ‘n handboekmens, want as ek iets koop, lees ek heel eerste die insruksies, Ek dink ek is bang ek doen verkeerd en dan werk die ding nie. (Jou nommer 8). Verder lees ek dit waarop ek my hande kan lê, maar ek moet erken, ek is hierdie week op Agulhas in iemand anders se huis, het ‘n klomp tydskrifte hier gekry wat ek nie normaalweg lees nie en het baie vinnig daardeur geblaai – ek vind dat nie alles my interesseer nie. Ek hou van stories, selfs erotika, maar raak gou moeg daarvoor ook. Ons Afrikaans onderwyser het destyds gesê ons moet tog nie net “liefde onder die blou brug” stories lees nie en ek het hom seker ter harte geneem, want een of twee van daai ‘n jaar is genoeg.
    Wat jou uitdagings betref: Baiekeer dink ek ek wil deelneem, maar dan is dit net te besig en voor ek my kom kry is die week verby… Ander kere sal jou uitdagings te veel van my armsalige regterbrein eis, dan “pass” ek maar….
    O ja, ek hou niks van onrealistiese, paranormale, wetenskapsfiksie tipe van boeke nie. Die storie moet gaan oor mense in die normale gang van die lewe…

  3. Ek lees graag, Engels en Afrikaans, so nou en dan Nederlands. Het so pas Valsrivier en Is weer Sagie gelees. En Laaste dans Drienie, van Steve Hofmeyer nogal. Ek het dit meer geniet as wat ek verwag het. Hou ook van Deon Meyer en Chris Karsten in Afrikaans. In Engels lees ek graag Jo Nesbo en John Irving. Ek hou ook so af en toe van biografieë, veral die van Kannemeyer oor Afrikaanse skrywers. En natuurlik blogs. Lees glad nie handleidings nie

  4. Ek is baie lief vir lees en het stapels boeke, maar ek kom nie naby my vriend Stef se versameling nie. Hy het 8 houtkratte vol boeke wat hy by my stoor. Hy verslind enige iets wat daar is om te lees. Ek stuur gereeld vir hom leesstof van hier af want hy kry nie baie leesstof daar waar hy nou is nie. So gepraat van vriend Stef, het jy geweet hy is ‘n skrywer in eie reg?

    • Aha dis nou juis waaroor my betoog gaan. Hoekom lees jy wat?

      hehehehe ek en jou vriend Stef het een aand diep in die nag gestry daaroor. Hy reken ek het nie smaak nie want ek sê alles is mooi! GHa Ek was diep verontwaardig. Dis jammer dat hy ophou skryf het – kon ook nooit uit hom wurg waar ek iets van hom moet gaan soek nie.

      Stuur tog groete saam met die volgende besending leeesstof. Hoop hy is nou heeltemal gesond.

      • Ek lees omtrent enigeiets wat ek my hande op kan le. Daar is gewoonlik ten minste 3 verskillende boeke op my bedkassie. Huidiglik is daar Mark Boucher se biografie, Laaste dans Drienie en Zelda le Grange se Goeiemore Mnr Mandela.

        Gaan nie goed met vriend Stef se gesondheid nie!

        • Ek hoor Zelda se boek is uitverkoop Sy gaan baie geld maak daar mee.

          Jammer om te hoor van Stef … Die lewe is nie vir sissies nie! Ons trek al 8 jaar verder – die tyd stap aan.

  5. Dis nou n lekker uitdaging die! Nie dat ek n goeie leser is nie. Stadig en deeglik maar ai dit vat baie tyd om te lees

  6. Sal later my lysie maak..moet vroeg gaan slaap,want môre is dit vieruur op om die twee dae tog terug huis toe aan te pak.Ek is bittermin lus.Sal dus bietjie stil wees tot die naweek.Lekker bly.

  7. Ek lees alles. heeltemal verslaaf. Soms raak ek moeg vir sekere tipes boeke. Lees baie biografiee, letterkunde en hou nie van Scifi of horrorthrillers nie. Het nou net Trader of Saigon en More Than You can Say en Wild Swans gelees. Lees nou Jeffrey Archer se Harry Clifton series. Geniet dit baie want hy’s ‘n meester. Ek hou van Pat Conroy en Zadie Smith. ‘n Maand gelede het ek Willemien van Abrham gelees. Dis soos Adage skryf, ‘n TE vergesogte storie is te vergesog. Anyway ek lees deesdae alles op my Kindle behalwe ek het nou Zelda Le Grange se boek in papier gekoop. O en ek lees 15 tydskrifte on line wanneer ek tyd kry. Finweek, Tuis, Idees, Rooi Rose ens…. en nog kunsboeke ook hehe ek het gese ek is verslaaf🙂
    .

  8. Lekker gelees. Ek wil vir myself ´n vergrootglas koop vir my verjaarsdag. Ek wil deesdae sien wat is op die verpakkings van die verwerkte kos wat mens koop. Daardie goed se inhoud, is so klein geskryf dat mens dit amper nie kan lees nie. My lees van boeke het tot stilstand gekom. Af en toe die plaaslike koerant, juis gister een gekoop waaroor ek ´n blog wil skryf.

  9. Was van kinds af lief vir lees, min tyd soms, maar soos jy sê mens gaan deur fases. Ek hou van nie-fiksie want as ‘n storie te vergesog raak kan ek my brein daarom kry nie, speurverhale soos die van Michael Connelly, Geen liefdesverhale nie maar ‘n goeie roman wat goed geskryf is. Een jaar het iemand vir my Vanity Fair inskrywing geskenk en dit was die enigste tydskrif wat ek (ge)lees het maar dis nou baie duur dus sal ek stukkies en brokkies op die internet lees. Ons boekrakke is nog vol van geskiedenis, wetenskap, evolusie, mediese boeke, sielkunde en reisstories. Ek sal nog blog oor ‘n interessante boek wat ek onlangs gelees het. En The Fault in Our Stars (die boek) is nou op my to read lysie.

  10. lag ek vir News se nr 8… sal tog ‘n blog maak oor lees, dan het ek darem ‘n onderwerp dankbaar tog..hoekom sukkel ek deesdae so…

  11. Ek is in ‘n opgaar fase, om “eendag as ek tyd” het te lees. Behalwe die Johan en Christiaan Bakkes nommers, hulle lees ek dadelik.

  12. O ek lees amper enige iets! My boekrak is ook vol boeke oor psigopate en sielkundige stuff (nie omdat ek slim is nie, maar ek wou altyd weet hoe ontaard ‘n man in ‘n monster), BAIE Afrikaans, HOPE bundels, en darem so paar Engelse boeke ook. In Afrikaans lees ek amper alles. Engels maar meer gedigte. O, en ek is die grootste Stephen King aanhanger! Ek hou van tydskrifte, maar het opgehou om dit te koop. Ek raak verveeld – sou sweer ek is aandag afleibaar, en dan eindig die goed op as skooltake. Of ek sal die tydskrif vir weke laat lê in die plasties, want sodra jy dit oopmaak is die lekker van iets nuuts verby. Simpel, ek weet. Ek het natuurlik ‘n STOKOU “tydskrif” geteken deur Clinton V Du Plessis. Dis een van my kosbaarste boeke. O, en dan het ek jare gelede vir my oupa so groot gebedsboek gekoop (hy was hoofouderling of so iets), en toe hy oorlede is het ek die boek gekry. Ek lees dit soms, hy het orals notas en stukkies wyshede en bybelversies teen die bladsye vasgepen – ook een van my kosbaarste boeke.

    Ek sukkel egter om enige iets elektronies te lees. Blogs is maklik, maar jy kry LAAAAAAANG blogs. Jinne. My oë raak te moeg en ek sukkel erg om te konsentreer. Ek het ook ‘n Kindle, maar hy lê erens in een van my lessenaar se laaie. Sukkel erg met die ding. Ek moet gewoonlik belangrike dokumente vir my man gee om te lees, verveel my ook tot die dood en teen die tyd wat ek in die middel kom weet ek lankal nie meer wat in die eerste paragraaf staan nie. Ek het geen idee hoekom dit so is nie, want ek kan boeke lees dat die spoeg spat!

  13. Op nommer 8 is ek 100% met jou. Op die res geen kommentaar, net nou sit ek my voet iewers in die ding🙂

  14. Deesdae lees ek baie comics weer. Dis nice. Om weer in daardie verbeeldings wêreld rond te loop. Maar jy gaan lag, ek het my fair share van erotica ook gelees, en sal nie skaam wees om te erken ek het die eintlik baie geniet nie.
    Veral ‘n skrywer genaamd Danielle Austen het my nogals impress met haar stories.

%d bloggers like this: