RSS Feed

Glimlag

Ek is maar stillerig vandag, maar kan darem glimlag

1522193_587738994673332_2688723878415367766_n 10377167_466265583475872_4587608539592134940_n 10422417_10152100432751949_7313520501195398820_n 10444719_10152540770238010_2671382741841354250_n

Vergelykings wat hoërskoolleerlinge actually in hul opstelle gebruik het:
* Sy gedagtes het in sy kop rondgetuimel en verwantskappe gesmee en gebreek soos onderbroeke in ‘n tuimeldroër.

* Die bootjie het saggies oor die dam gedryf presies soos ‘n rolbal nie sou nie.

* Hy was so lank soos ‘n twee meter lange boom.

* Hy het diep uit sy keel gelag – soos daardie geluid wat ‘n hond maak net voor hy opgooi.

* Haar woordeskat was so sleg soos, wel, wat ook al.

* Dit was ‘n werkersklas-tradisie, soos pa’s wat hul kinders met elektriese bore rondjaag.

* Sy het nader aan hom gegroei – asof sy bakterieë was en hy Britse beesvleis teen kamertemperatuur.

* Die son het uit die see opgerys soos ‘n gloeilamp uit ‘n bad water.

* Hy is so maer soos ‘n vark op ‘n grondhervormingsplaas.

* Ek het so minderwaardig gevoel soos ‘n Zim-dollar.

24 responses

  1. Thanks for the smiles.🙂 Love that first pic.

  2. Kyk Tina ek en Doepie het nou hierdie vergelykings so geniet -heerlik gelag… mag ek dit copy en paste wil graag vir my broer stuur ..weet nie of die leerlinge aan daardie hoërskool met hierdie kreatiewiteit kan meeding nie..

  3. Ai, ek like daai een oor die ou wat so diep lag! Het amper self die hele huis nounet wakker gelag daaroor!

  4. Die eerste een spreek boekdele! Aanhou, uithou en mond oopmaak en kla oor rekenaar!

  5. Hoekom is jy stillerig, is jy OK?

  6. Jinne ek het nou lekker gelag!
    😆

  7. Die Afrikaanse hond kan dalk Hollangs kommunikeer

  8. Die beesvleis een is nogals baie skerp…

%d bloggers like this: