RSS Feed

Onderwys

Toe ek ligjare gelede begin blog het, sou dit wees om ernstige onderwyssake te bespreek, maar die blog ding het my op ‘n heel ander spoor gebring. Van tyd tot tyd het ek tog geblog oor onderwyssake, maar dit was gewoonlik meer van ‘n persoonlike aard. Die idee om skole te integreer het my nekhare laat op styg.

Na 1994 het my skool begin met ‘n Engelse afdeling. As ek moet eerlik wees, het dit ten spyt van al die hobbels in die pad tog op die einde gewerk. Daar het kinders van agtergeblewe skole selfs in die Afrikaanse afdelings gekom en ja daar is baie gestoei en gesukkel, maar daar was ook talle suksesverhale. Van hierdie kinders het agter gebly en miskien het die stelsel hulle gefaal, maar daar was nog altyd kinders wat deur die krake geval het.

Goed, kom ons sê die idee van skole bymekaar gooi is ‘n slegte idee, maar wat is dan die oplossing? Is dit nie tyd dat daar wel gekyk word na skole waar onderrig wel suksesvol plaasvind? Ek weet Sadtu en ander vakbonde is teen die evalueringsstels van inspekteurs gekant, maar ek het aan my eie bas gevoel dat mens beter werk as jy weet dat jy deeglik gekontroleer word. Daar word altyd nog tyd gemors met goed wat min met onderwys te doen het, maar dis dalk tyd dat onderrig weer die primêre taak van onderwysers word.

Al die rolspelers sal hand in eie boesem moet steek en saam werk. Wat dink jy moet gedoen word om uit die modderpoel te kom?

1922474_10152690224313502_612426423_n

38 responses

  1. Een ding is seker–die onderwys is in ‘n gemors.

  2. Nee wat, ek glo nie die integrasie gaan werk nie. Wie gaan vir wie “optrek” en wie vir wie “aftrek?” Aan die basis van goeie onderwys lê gemotiveerde onderwysers en dit is wat kort by swak skole. Die Sadtu gesindheid sal nie verander met hierdie voorgestelde “model? nie

    • Ons het twee Engelse onderwysers ook daai tyd gekry en in die begin was daar hierdie ‘Ek doen die minimum om uit die moeilikheid te bly, maar hulle het wonderlik aangepas, maar jy is reg so sal dit nie gebeur nie

  3. Ek kry die gevoel dat opvoeding nog steeds nie bo aan die staat se prioriteitslys is nie. In my ondervinding dink ek moet daar baie meer gefokus word om die basisse te bemeester. Lees, optel, aftrek, spel. Sonder die basiese beginsels is die res ‘n taal wat hulle nooit sal verstaan nie. Maar leer moet pret wees ook!

  4. Ek dink dit is van kardinale belang dat beheer en toesig gehou word sodat mense nie kanse waag nie. Ongelukkig is daar lui onderwysers ook en hulle besef nie dat elke kind die land se toekoms is nie. Ons is dit aan die generasie van die toekoms verskuldig om te sorg dat hulle beter as ons doen op skool. EK stem saam met jou.

  5. Die basis moet goed wees…so die eerste drie jaar of so, minder kinders in die klas en geen aanbeweeg tot hulle regtig kan lees, skryf en tel nie. Daarna sal dit seker help as die handboeke by die kinders uitkom voor September of whenever.

  6. Daar moet by die basis begin word….terug na onderwyskolleges,waar in diepte gekonsentreer word net op onderwysonderrig,terug na org en ad,vakmetodiek veral,en belangrikste is ordentlike voorbereiding op papier,wat gereeld nagegaan moet word deur mede kollegas en skoolhoof.Ek weet dit klink nou na ekstra werk,maar dit verseker ten minste dat mense hul lesse voorberei.Jy is heeltemal reg dat mens beter werk as iemand oor jou skouer loer.

  7. Speel, speel en nogmaals speel. So leer veral klein kinders op hul beste.

  8. Soveel onderwysers daar is soveel idees kan mens kry. Daar sal maar altyd oor gepraat word maar die werklike oplossing gaan gedurig moet verander namate die sameleweing se eise verander

  9. ‘n Goeie pak slae…

    Op skool het ons Meneer Wagner gehad. So lang man, die ou het ‘n swart belt in karate ook gehad.
    Hy het vir my rek gegee. Ek was maar ‘n lui mannetjie gewees op skool. Het gereeld nie huiswerk gedoen nie. Tot eendag wat hy my daar aan my dun nekkie gegryp het en my badkamer toe gesleep het en my gat goed aan die brand geslaan het.
    Matriek stap ek uit met ‘n B vir rek. Oor een onderwyser genoeg omgegee het om my by te dam in standerd 7.
    En ek weet jy like dit nie, Mevrou. Maar kom ek vertel jou, sommige kinders luister ongelukkig net vir die rottang. Ek weet, Ek was een van hulle.

    • Eish, daar veloor ek ‘n lang kommentaar! Ek het ook geslaan in daardie tyd maar omstandighede het verander. Vandag glo ek vas dat geweld geweld uitlok. Ek glo vas dat seker onderwysers kinders kan motiveer sonder om te slaan.

  10. Ja van onderwys die blog jy nou nie meer nie…hehehe….beter so mos half
    Maar ons is darem in die klaskamer van die Lewe

  11. Die beste planne wat gemaak word, sal nie aanvaar word, as dit nie deur hulle uitgedink word nie.

  12. ‘n Ligjaar is die afstand wat lig in een jaar in ‘n vakuum aflê. ‘n Afstand dus en nie ‘n tydsduur nie …

%d bloggers like this: