Een van die heel beste dinge wat mens vir ‘n kind kan leer nederigheid. Dit leer jou hoe om met grasie te wen en te verloor en daardie waarde kos nie eers geld nie.
Hoogmoed is vir die karakter wat ‘n solder vir ‘n huis is – die hoogste deel, en gewoonlik die leegste. Henrietta C Mears
Baie mooi foto en waar waar woorde! Dit is nie moeilik om nederig te wees nie. 🙂
Dankie
Hoogmoed kom op einde tog maar tot n val ook. Sommige mense het dit al so fyn ontwikkel dat dit altyd die ander persoon is wat verkeerd moet wees
Net so… gelukkig kan mens soms hulle darem vermy
Netso! 😀
Jip, Hoogmoed is lelik. Ek wonder soms of daardie mense nie besef dat ander hul altyd probeer vermy nie.
Ek dink hulle dink nie so daaroor nie
Wou nog sê, pragtige foto.
Joune?
Ek kry hom tussen my foto’s maar kan hom nie regtig onthou nie… word mos al oud
😆
Beslis moet ‘n mens trots wees, maar nooit hoogmoedig nie.
Dis vieslik.
And don’t get me started on this – gewoonlik het die mense wat so hoogmoedig is eintlik maar GEEN rede om hoogmoedig te wees nie! Dit irriteer die crap uit my uit.
Ja hulle laat mens voel soos ‘n stout kind
Ja en dan hou ek myself altyd terug om hulle net te vertel wat ek van hulle dink. En dan loop EK vir dae en wroeg oor dit. Simpel hê?
Ek wroeg net so daaroor so al of ek skuldig is en ek dink oor en oor wat ek alles kon gesê het
Lelike eienskap!
Net so!
Sondag se preek het oor hoogmoed en nederigheid gegaan. Wat my veral bygebly het is ‘if you humble yourself God will exalt you, but if you exalt yourself, God will humble you.’
Ek hoop dat ek nooit die indruk van hooghartigheid by mense skep nie.
Nou hoe sal jy dit definieer?
Dis wanneer jy dink jy is beter as ander mense en hulle so behandel?