RSS Feed

Moedeloos

Ek is regtig moedeloos met my laptop wat ek in Oktober 2013 gekoop het. Dit het natuurlik die dekselse Windows 8 op.  Die Windows kry nou vir meer as ‘n maand nie opgedateer nie. Dit dateer op en dan loop iets fout en hy skryf alles terug. Daarna wil die internet nie aanskakel nie … Chrome werk glad nie meer nie en Firefox kry ook nie opgedateer nie. My bank Anti-virusprogram het ook Vrydag verval en dit wil ook nie hernu nie.

Ek was die hele dag by vriende wat probeer help het, maar geen van die planne het gewerk nie … ek voel regtig om die ding weg te gooi!Ek voel of my hande afgekap is … Ek wens ek het meer kennis gehad…sug! Ek wil sommer op ‘n hoop gaan sit en huil.

Mooi aand vir jou. Kom ons glimlag maar so effens.

327135160_e346d85003

 

26 responses

  1. kry vir jou ‘n mac😉

  2. O ek is SO gestremd met die tipe van goed.

    Al wat help vir my is ‘n hammer. Of ‘n venster. Of ‘n muur.

    Maar ja, dan verloor mense geld.

  3. Windows 7 is ‘n opsie, maar maak eers seker daar is nie ‘n ander probleem wat die odpatering keer nie. Partykeer help dit ook om rekenaar te formatteer en van voor af alles op te sit, maar ja, daarvoor het jy ongelukkig tyd nodig.

  4. Volg Vuurklip se raat.Moenie verder sukkel nie!Sterkte,jong.

  5. Ek kannie dink dat dit Windows 8 se probleem as sulks is nie. Dis die manier waarop die rekenaar self ook geprogrammeer is om te moet reageer op mens se druk van knoppies. Dis nou n blinde wat vir een oog wil vertel! Ha ha. Innige simpatie. Dis soos ek sonder tv opvangs kan die tv skop!

  6. Anders sal jy dit moet laat format met die restore CD s

  7. Stem saam met vuurklip!

  8. O! Togga! Vat die ding terug na die winkel – in terme van die CPA (Consumer Protection Act) as die ding nie werk nie, moet hulle jou geld teruggee, die ding fieks of ‘n nuwe een gee. Die keuse is joune. Jy het ses maande vanaf die aankoop om te eis. Moenie laat hulle jou boelie nie!

%d bloggers like this: