RSS Feed

Verniet – Gratis

Dis darem interessant dat almal tog so opgewonde raak as iets verniet is… hulle sal selfs geld uitry agter iets aan wat gratis is. Ek hoor dat mense on taxi’s nou gratis internet kan kry. Ek wonder of ek nie ook maar bietjie met my laptoppie in ‘n taxi moet gaan rondry nie. Aan die ander kant het ek geleer dat niks verniet in die lewe is nie.

Hoe voel jy oor dinge wat gratis aangebied word? Maak dit jou opgewonde?

49159

  50935

46164

33 responses

  1. Mmmmmmm, nou dink ek. Dalk eerder taxi ry as by Mugg & Bean gaan sit vir wifi?! 😆

    Sal seker goedkoper wees?

  2. Hier kan jy gratis WiFi in biblioteek kry as jy lid is. Lidmaatskap is ook gratis, jy moet net aansluit! Hul het hier klaar gratis opvangs in taxis hier. Daar is selfs langs straat plekke waar jy kan inprop, for free!

  3. Ek het al geleer,niks is gratis nie…daar is altyd ‘n vangplek..pensioenarisse in ons omgewing kry elke Maandag ‘n gratis ete by die Casino.Raai wat?Dis al die naweek se oorskiet uit die restourant,

    • Ek het gemengde gevoelens hieroor, want dit beteken die kos word nie vermors nie maar … ek hoop dat regte arm mense daarvan mag gebruik maak

      • Wat my woedend maak…dis ‘n lokmiddel dat hulle moet kom dobbel.Jy sal verstom wees as jy sien hoeveel ou mense sit voor daai masjiene.

        • Ek sien nou hoe eensaam mense kan wees wat hulle hele lewe lank gewerk het en nie eintlik lees nie Daar bly nie veel dinge oor om te doen nie en dan gebeur sulke goed dat hulle voor die masjien sit … dis nou behalwe die wat dink hulle sal ‘n gelukkie kry

  4. As dit te goed klink om waar te wees, dan weet jy dit is ‘n waarskuwing!

  5. Ek is mal oor ‘n pasellatjie. Maar ek ry nooit kilometers agter bargains aan nie – dit is mors van dure petrol

  6. WiFi in motors kom nie verniet nie en

  7. Tina, Ek shirt en shoes, jy no shirt , dan kyk ons hoeveel vry drank ons saam kan geniet.

  8. Jip niks is verniet nie….iemand betaal tog daarvoor

    Daai free wifi internet in die taxis is belasting geld lekker gepsend op verkeerde plekke

  9. Daar is maar altyd, ‘n vangplek iewers!!

%d bloggers like this: