RSS Feed

Martin Mans

Gisteraand was ons bietjie uit! Sug… ek word nou oud lyk dit my, die aand is regtig koud hier in die Bosveld.  Ek het weerbesef dat hulle dringend iets aan die buite beligting hier op die Landgoed sal moet doen.

Die konsert was besonders Martin Mans is Nederlandse orrelis en ek het my verstom oor dit wat hy uit die instrument opgetower het. Ons dorp se beste skoolkoor het egter my hart gesteel. Sjoe …hoendervleis mooi. Vir ‘n oomblik het ek terug verlang skool toe, maar blitsig die gevoel onderdruk. Het ek jou al vertel hoe lekker dit is om afgetree te wees?

EK wonder waarom my blog nie op die opdateerlys verskyn nie? Is ek die enigste een of gebeur dit met jou ook?  Of is dit net ek wat dit nie kan sien nie?

143

214

IMG00288-20140610-1856

Jammer die selfoonfoto is maar swak

56 responses

  1. Ek mis sulke musiekuitvoerings. Ek sukkel nog om te sien Wie my volg, maar dit het ek nou al genoeg gesê.

    • Links sirkel lyk soos Volkswagen teken
      Click leser
      Bo staan – Stats
      Heel onder aan die bladsy staan daar klein blogs dis die mense wat jou volg click daar en jy sien wie jou volg
      In jou kantlyn kom egter die wat JY volg

  2. Ek sien jou in my Reader.Lekker om te hoor van sulke hoendervleismusiek.Deesdae gaan enige gemors deur vir goeie musiek.Ek dink ek is ‘n musieksnob..hehe!

    • Ek het ook my voorkeure … en die geleenthede is maar min.

    • Komplekse argument … sommiges spandeer baie tyd om te besluit wat is “gemors” al dan nie.
      Ek self het ‘n stapel klassieke CDs, waaronder opera ook ‘n plekkie het, so het ek ook stapels met heavy metal, elektroniese, wereld en popmusiek.
      Binne elke genre is daar meesters van dit wat hulle doen. Vir sommiges val die genre soms nie lekker op die oor nie en word dit afgemaak as “gemors”. Ek se glad nie dit is hoe jy dit sien nie, dis maar net ‘n aanknopingspunt vir ‘n interessante tema. Gewoonlik kies ek iets waarvan ek nie hou nie en beoordeel dit binne die genre, soms lees ek selfs die “reviews” ensomeer. So byvoorbeeld sal Mercenary se 11 Dreams universeel gesien word as ‘n meesterstuk van “Melodic Death Metal”, dis “loud” en aggresief en sal nie dien vir ‘n ou wat net na Chopin se Preludes luister nie. Dan weer, sommige van Mahler, Sibeluis en Wagner se epiese stukke klassieke musiek gaan na ‘n deurmekaar en dalk babelse geraas klink vir mense wat slegs na Mozart se “Eine Kleine Nachtmusik” kyk as klassieke inspirasie vir die dag.

      • Eish daar vee ek my lang kommentaar met my eie vingers uit!
        Ek hoor jou duidelik. Daar is werklik musiek vandag wat die toets van die tyd kan weerstaan die klassieke van more sal wees. Ek bewonder mense wat iet besonders kan optower met talent en vaardigheid Maar dan is daar ook mense wat ‘n groot lawaai as musiek an ander wil verkoop.

        *fluister* ek hou net nie van saksefone nie…

      • Ek stem heelhartig saam,maar hoe oordeel mens dat musiek sleg is?Sekere klassieke musiek werk ontsettend op my senuwees,bv opera arias deur soprane.Ek is mal oor tenoorstemme,maar basse maak my oordromme seer.Hedendaagse genres,laat my soms wurg van irritasie,maar dan is daar weer musiek waarvan ek baie hou.Ek dink dit het iets te doen met kondisionering en hoe mens se breingolwe reageer op verskillende klankkombinasies.

        • “smaak” ontwikkel of dit doen nie. Oesters, opera, ander klassieke musiek, heavy metal, rooiwyn, chili…
          Die “geraas” is net van toepassing as die smaak daarvoor nie ontwikkel het nie. Goeie vraag, hoe oordeel jy? Die beter vraag is, is dit nodig om te oordeel? Jy hou daarvan of nie?
          Gewoonlik kan iemand wat niks weet van iets met moeite dit beoordeel, behalwe dit wat die persoonlike persepsie vir hom vertel.
          Ek het met ‘n pastor gesels wat begin luister het na hardcore Deathmetal om sy gemeente, waarvan daar baie jongetjies is te kon inlig. Binnekort kon hy binne daardie genre die beteres uitken. Nou is hy selfs ‘n “fan” op sy eie manier…. bo en behalwe dat hy “ingelig” is. Ek hou van sommiges, maar dis maar soos daai eerste keer wat jy ‘n stuk rou sashimi eet… dis dalk nie “love at first bite nie” …. en tog kan miljoene Sjinese en Chinese EN ander nie verkeerd wees nie😉

          • Ek het baie respek vir mense wat met kinders/jong mense werk wat moete doen om íngelig’te wees. Ons is baie geneig om iets te oordeel sonder om ‘n alternatief te bied. Dis egter ook so oud soos die berge.

            • Hoe sal jy ‘n “alternatief” bied vir iemand? Wat is ‘n “alternatief” vir opera bv? Dis ‘n heel ander tema dink ek.

              • Ek reken ons oordeel nie noodwendig sonder om ‘n alternatief te bied nie, want dis tog niemand se taak om ‘n sogenaamde alternatief te beid nie, Ons oordeel net gewoonweg sonder dat ons weet wat de hel eintlik aangaan…punt.

                • Ons praat van die pastor wat die regte idee het. Ons leef nog te veel in die tyd toe kinders nie gehoor mag word nie. As mens met kinders werk sal jy hulle nooit ken wen as jy nie insig het in modrerne musiek en die koring van die kaf kan skei nie. Vandag se kinders is gewoon te slim.

              • Ek sou begin om ‘n operette aan te bied en dan bekende arias of selfs koordele Min mense/kinders kan die slawekoor uit Nabucco weestaan.

          • Interessante uitkyk op hierdie onderwerp.Ek sal egter altyd ‘n sissie bly as dit kom by die “hard core”goeters!

        • Ek stem saam Ek hou van instrumentale musiek maar die soprane kan ook my wiele pap.

  3. Kyk al is ‘n kerkbank hard
    As die Doom langdradig preek dan begin ek visvang op daai hardebank

  4. Ek sien jou in my Reader Tina!

    Pragtige orrel op die foto, sjoe! (al is dit nie julle s’n nie!)

    • Ons het darem ‘n hele paar skaflike orrels, maar glad nie in vergelyking van die in Europa nie

      • Dis darem asemrowend mooi!

        • Dis met groot hartseer dat mens sien hoe klaviere en orrels op die platteland in onbruik verval. Musiekonderwysers word al hoe minder Moderne foefie-instrumente interesseer kinders meer.

          • Ja dis sommer hartseer. Ek wou so graag hê my kinders moes musiek op skool vat. Op ‘n stadium het my oudste nogal gesê hy wil klavierlesse neem. Maar nou ja, daar het ook niks van gekom nie.

          • Self mense se oefenfietse en bankrekeninge verval in onbruik, dis deel van die lewe.
            Maar ek wond wat ‘n moderne “foefie-instrument” is. Definieer bietjie die term. Sekerlik kan dit nie klawerborde of sintetiseerders wees nie, synde dat dit al dekades lank gebruik word. Alles was op ‘n tyd in elk geval “moderne foefies”,
            Is moderne genres en instrumente minderwaardig teenoor ouer goeters? Selfs orrels was eens op ‘n tyd “nuut” ne! As onderwyser behoort jy ook te weet as ‘n kind belangstel is iets soos ‘n “modern foefie” gaan hy eventueel verder navors en meer instrumente begin aanleer as hy passievol is oor sy musiek. Enige vorm van kuns-beoefening is beter as geen vorm van kunswaardering, al is dit dan op so ‘n wyse wat nie in ander se smaak val nie. Wat dink jy?
            Nietemin, ek is nuuskierig om jou definisie te lees…

            • NEEEEEEEEEEEE dit was glad nie bedoel om morderne genres as minderwaardig af te maak nie. Geheel en al nie. Ek het bv. ‘n seun gehad wat so graag comics getken het en ‘n ingewikkelde graad in klanktegnologie gaan swot het. Ek is mal oor dit wat hy doen.
              Al wat ek bedoel het is dar kinders nie meer daadie klassieke musieklesse doen nie… die onderwysers is ook baie skaars vandag. Kinders leer al die elektroniese byvoegings, en daar is niks mee verkeerd nie
              Al wat ek bedoel is dat tog so Bach en Mozart waar die orrel die ster van die vertoning is so baie geniet.

              By die skool waar ek skoolgehou het is die klaviere in die die stoorkamer gebêre en gebruik die onderwysers klawerborde – niks mee verkeerd, maar die pragtige hout verweer en dit is vir my jammer.

  5. He looks like a very happy organist. I used to do that job.🙂

  6. Ek het myself begin volg toe ek besef dit verskyn nie ook op die opdateerlys nie. Wou sien hoe my inskrywings daar vertoon en kon toe ‘n paar verstellings doen tot ek tevrede was.

  7. As jy opdateer val dit dadelik op die lys van bloggers wie ek volg, so ontspan.

  8. Indrukwekkende orrel. Watter kerk ?

    • hehehehe nee die foto’s van die internet… Ons NG moedergemeente se orrel is egter die beste in die dorp maar kom sekelik nie naby die op die prentjie nie.
      Het jy al die man gehoor?

  9. Ek sien jou op my reader!
    Ek het nog nooit van MM gehoor nie, nou kan ek gaan oplees!
    Kerkbanke is hard, seker om mens wakker te hou!

    • Ek moes ook gaan oplees maar my buurvrou is self ‘n orrelspeler en het hom hoog aangeskryf … hy speel vannaand of more in Potch en sy reken hy kan beslis nie dieselfde by die hoogsgeleerdes speel nie. Sy het ‘n M in musiek so sy sal sekerlik weet. Vir my was dit so mooi want die was bekende kassieke werke.

  10. Tina , wat bedoel jy met opdateerlys.. die reader ? ek kyk daar en almal wat ek volg se nuwe posts verskyn daar…, aarde ek kom agter ek weet oog maar weinig van al die dinge

    • Paneelbord Heel onder Daar staan Latest en jy sien watter Afrikaanse bloggers opdateer … mens kry nogal lekker nuwes daar

      • Tina daar wys Afrikaanse blogs slegs by Top Blogs en Top Posts .. by Latest nie een enkele Afrk blog nie.. ek weet nie of ek iewers anders moet kyk.. maar ek weet by blik.co.za (ek dink) was daar ook ‘n lys van nuwe skrywes..ek dink jy moet vir Toorts vra sy sal dalk lig op die saak werp .

        • By my is daar wel ‘n latest en ek het ‘n paar lekker nuwes daar gekry Skelertor het ook opdateer en hy is ook nie daar nie. Jy en Toorts is wel daar? Ek sal haar bietjie vra dankie.

  11. Ai tog te wonderlik.. hoop iemand het dalk ‘n musiekopname gemaak dan kan jy dit vir ons aflaai. Ek sien jou in m y reader ek lees lekker .

  12. Solank jy dit geniet het was dit die moeite werd al is dit koud en ligte werk nie na wense nie

%d bloggers like this: