RSS Feed

Arrogant

Waarom praat sommige mense met ouer mense asof hulle stupid is? Dis erg ongeskik en arrogant!

0eb93f58d5a37a82e0a5f8dd719858e7

31 responses

  1. Ai, wie het jou so ontstel!?

  2. Dit is so waar! Bette Middler sing ‘n lied wat aan ‘n mens se hartsnare raak, in die lyn van: Old trees just grow stronger, old rivers grow wider every day, but old people just go lonesome. En dan kom dit daarop neer dat ‘n mens die persoon binne in die omhulsel moet raaksien en net sê: Hello in there!

    • Dit is so waar… gelukkig gaan die meeste mense ook daar kom Daar is ook ongelooflik baie pret. Ek het hier twee buurvroue wat binne ‘n kort tydjie hartsvriendinne geword het.

      Ek probeer om elke dag net een iemand se lewe bietjie beter te maak

  3. Ouer mense het soveel wysheid oor die lewe wat hulle kan deel. Mense is geneig om te dink omdat baie van hulle dowerig is, hul verstand ook verdoof het. Ek het groot respek en deernis vir ouer mense. Ek lewer daagliks etes af by hulle en sommige van die tannies wat ek besoek, sit heeldag(so kom dit voor) op dieselfde stoel en dink…..en dit laat my dink oor my oudag…behoede my daarvan om elke dag so te sit!!!!!!!

    • O nee jy is mos ‘n blogger. Hier is ook van die wat net sit maar dan is hier mense wie se dae so vinnig verby gaan dat hulle nie alles gedoen kry wat hulle wil nie. Ek het gedink dit sal vervelig wees om af te tree maar dis heerlik Jy kan nou dit doen wat jy altyd wou en jy hoef nie dou voordag uit die bed te wip nie

      • Dit is waar, die wonder van woorde rangskik is iets wat ek maar onlangs ontdek het en verras myself nog daarmee. Danksy ‘n wonderlike vriend, het ek met my blog begin en ek geniet my gate uit!! Ek sien jy het ook sy blog ontdek ‘wolfshadowwhispers’. Groot inspirasie vir my! Om my gevoelens in woorde uit te druk, het vir my soos terapie geword.

        • Ja dis vir my ook vreeslik lekker Ek blog al jare Eers op Mweb toe op Litnet en nou hier en dit bly vir my lekker Ek is maar ‘n prulskrywer maar geniet die sosiale aspek ongelooflik baie

  4. Ek verstaan mense doen dit met gestremdes ook – as jy in ‘n rystoel sit, praat hulle met die persoon wat jou stoot asof jyself nie in staat is om te verstaan nie….

  5. My Ma het haar menige dag vererg oor daardie verkleinwoordjiesindroom ..en so plegtig vir my gevra” My kind, sê vir Ma ..het ek maer geword? hul praat so in verkleinwoordjies met my so asof ek maer is!”

    • Hehehehehe… my buurvrou is 87 en rateltaai maar so maer soos ‘n kraai en net ‘n tiekie groot Ek het die ouma gou kort geknip en die personeel noem my op my naam.

  6. Ek verstaan wat jy bedoel.Dis vir my eens so erg as daar gepraat word van oumatjie of oupatjie en dan met die jonger mense saam met die ou persoon,asof die ou persoon nie bestaan nie.

    • Dis presies wat ek bedoel… ek moet egter glimlag Die boukontrakteur is ‘n swart man met die naam van Pienaar. Ek en my 87jarige buurvrou stap vanmiddag en hy ry spesiaal by ons verby en vra: Hoe gaan die met die mooi jong dames? … maar toe verval hy maar weer in die Ouma aanspreek vorm – dis maar ‘n vorm van respek

      • Ek verstaan die respek,maar soms klink dit so asof mense dink die ou persoon is seniel.

        • Net so… maar my twee buurvrouens sê mens raak dit gewoond… jy kry net so engelagtige glimlaggie en maak nogtans soos jy self wil.

          Hehehehe ek geniet die twee vreeslik Dis of ons al ‘n leeftyd vriende is.

  7. Dan moet jy maar net sê luister hier jou klein snotkop ek het nog al my breinselle en dis meer as wat jy op jou ouderdom het!

  8. Jy praat met die mens voor jou sodat hy/sy verstaan. Anders maak jy net geluide.

  9. Because them be assholes?

    • Ek weet nie … ek dink hulle probeer gaaf wees en besef nie wat hulle doen nie. Goed daar is ouer mense wat maklik vergeet maar hier is ‘n paar wat skerper as ek is … Grinnik… en dit wil gedoen word

    • Moet saamstem met Skeletor, SOMS is ouer mense assholes en kry hulle maar net van hulle eie medisyne terug na al die jare se arrogante “ons het wysheid in pag” houding teenoor jonger mense:
      “Wanneer maak julle ‘n baba, is daar iets fout met julle? Net jammer jou vroutjie lyk nie so slim nie…is sy reg vir jou?, op jou ouderdom was ek al suksesvol, is dit nie tyd dat jy na ‘n beter buurt trek nie, hoekom dra jy so ‘ dom haartstyl, is jy ‘n Nazi?”

      Eintlik is arrogansie maar ‘n groeiende simptoom van ons hedendaagse moraliteit. Nothing new there.
      Tien teen een is die jongetjies ook assholes en arrogant teenoor ander jongmense, kinders, hulle ouers en ondersteuners van Julius se EFF en mense wat hou van boeremusiek .

      • Jy is reg… ek het nie heeltemal so daaraan gedink nie want ek staan nou aan die ontvangkant se kant …
        Ek het wel al ondervind dat mense kinders en veral tieners soos kleuters behandel.
        Laat my wonder of ek dit dalk self doen?

  10. Wat het dit getrigger? Moes ernstig gewees het

%d bloggers like this: