RSS Feed

Manipulasie

Die week se Vrouekeur het ‘n interessante artikel oor  mense wat manipuleer. Ons het dit almal sekerlik al aan jou eie bas gevoel. Ek dink manipulasie ken geen gelsag of ouderdom nie. Ek kry eintlik skaam, want ek het altyd vir die gr.7’s, tong in die kies, gesê dat elke mens die vaardigheid van manipulasie moet leer en dat hulle solank op hulle ouers kan oefen! Wonder of iemand ooit na my geluister het.

Hier op die  Landgoed beleef ek dit weereens, daar is mense wat baie te sê het, maar as dit by die werk kom het hulle skielik ‘n verskoning en ek dink ook hoe langer mens oefen hoe beter word jy daarin.

Ken jy ook mense wat graag manipuleer? Hoe raak dit jou? Doen jy dit ook?

Het jy al vandag geglimlag ?

Police Car

51315

Getting Home

14 responses

  1. Ek dink ons almal kan iemand of ‘n situasie tot ‘n sekere mate manipuleer. Ek is gewoonlik ‘n sucker vir manipuleerders. Ongelukkig. My stiefpa is die MEESTER van manipulasie gewees. Scary.

  2. Daar is ongelukkig baie manipuleerders oral bedreiwig. My probleem is dat ek altyd val vir die soort ouens. Dit gee my op einde van die dag koue voete om net na hul te kyk of hul te hoor aankom

  3. Wanneer dit by doen kom,is meeste praters agter in die ry.

  4. Ek het hoofpyn, toonpyn en blaaspyn. Ek kan nie glimlag nie…

    • O ja al die verskonings oor vae pyne is besils ook so, maar dan is daar mense wat met geweldige pyn saamleef en altyd vir jou iets wil doen of wat oorloop van dankbaarheid.

      • Is waar. Ek dink vanaand aan die arme car guard wat buite in die koue daar by spar gestaan het en tog te dankbaar was vir die 5 rand wat ek hom gegee het.
        Ons weet nie wat ons het nie, Tina. Dis actually ‘n skande…

  5. Dit is die graad van manipulasie , dink aan n skaal van 1 tot 10! Almal manipuleer n bietjie, selfs my honde moenie fout maak nie. Maar psigopate is meesters die gebied. Hoekom dink jy het die springs monster sy polse gesny? Hoekom se ek ek hou veby mense wat blog maar nooit my blogs lees nie? Is beide nie maar n graad nie?

%d bloggers like this: