RSS Feed

Motorhuis – garage

Soos baie van julle reeds weet het ek die einde van verkede  jaar in ‘n aftree-oord (Die Landgoed noem ons dit) ingetrek. Hulle bou nog aan die sorgsentrum en hulle  gaan ook eenhede bou wat ‘n garage/motorhuis gaan hê.  Ek wonder nou net of een van die slim mense wat reeds gekoop of gebou het vir my kan sê – hoeveel sal so garage ekstra kos. Ek sal graag wil oortrek, maar as die buitensporig duur is bly ek net waar ek is?

Wat dink jy? Wat sou jy doen in my skoene?

Vanoggend weer die apies gesien en gelukkig die kamera byderhad gehad. Die foto’s is nie wonderlik nie maar jy kan darem met bietjie verbeelding hulle sien.

DSCN2530 DSCN2531

Die mense wat Polokwane ken sal weet dat die wêreld maar plat is hierrond, maar ek het vanoggend bietjie huise gaan soek vir my fotografie-opdrag en toe deur Skuldbult ‘n nuwe paadjie ontdek waar jy oor die dorp kan uitkyk …

Mmmm interessante mengsel van ek weet nie watter style nie

Mmmm interessante mengsel van ek weet nie watter style nie

DSCN2541

 

39 responses

  1. Op die ou end kan nt jyself besluit hoe belangrik ‘n garage vir jou is. Dis jammer jy kan nie jou eie struktuurtjie opslaan nie.

  2. Tough decision to make, but I know I couldn’t do without a garage. I think that house in your pic ai a very unique design.🙂

  3. Ek ken skuldbult, altyd by my sus in Polokwane gaan kuier… en nou kuier ek so wan en dan vir ‘n paar weke by haar dogter.
    So van romanse gepraat; kuier die keer by my sus in Koraal, en hoor van die jaloesie wat daar tussen ‘n paar vroue is oor ‘n sekere omie. Die dag toe ek die omie sien val my mond oop van verbasing. Wie op aarde baklei nou oor so ‘n tingerige mannetjie wou ek van my sus weet. Lig loop rondomtaliedraai😆

  4. Lees by building costs south africa.Daar sê hulle ‘nmiddelkas huis kosR9500 per vk meter.Gestel jou garage is 6x4m,dus 24vk meter.Dan beteken dit jy betaal R8000 per vk m.Dis vrek baie vir ‘n garage,want dit beteken dis geteel,geplafon en beklink met goue afwerking🙂 Iewers is daar ‘n verneukspul.

    • Jy sien die ontwikkelaars draai nou al so lank dat hulle die boukostye van die hele eenheid wil inhaal Die ander probleem is dat ek dan my bestaande eenheid moet verkoop sonder ‘n wins want ek kan nie meer vra voor al die eenhede verkoop is nie

  5. Ek dink ook R300000 vir garage is te veel. Bou ‘n afdak en gaan hou vakansie met die res van die R300000 ( Of pos ‘n paar R vir my) Dit klink of jy lekker bly waar jy nou is.

  6. Hoe lekker om die apies so naby n mens te he in vandag se wereld waar ons so afgesluit voel van die natuur (hulle kan natuurlik ook baie kwaad doen!). Ons het so jaar gelede een langs die pad gesien hier in Garsfontein en kon ons oe nie glo nie – ek moes net n u-draai maak om weer te gaan kyk🙂

    • Ja maar dis ook half hartseer Ons het die vlakvarkies baie lanklaas gesien Sulke ontwikkeling verdryf die diertjies … mens weet daar moet vooruitgang wees maar nie die feit dat dit ander verdryf maak mens hartseer. Hoop regtig daar is ‘n plek waar hulle kan deur na ‘n boer se plaas

  7. Dis te veel vir ‘n garage … jou versekering sal wel betaal indien jou kar skade opdoen met weer? Ag, en in Polokwane is al die karre mos maar vol stof! En jy is happy met waar jy is. Bure speel ‘n groot rol. Kyk dinge maar eers uit voor jy finaal besluit. Dalk trek daar ‘n kandidaat vir naak-foto-sessie iewers in naby die garage huise, en dan trek jy beslis!

    • hehehehe Ek het nou so hard gelag dat ek dink my buurvrou wil kom kyk. Dis naakstudie gaan voor die garagehuise gebeur … ek gaan my huisie ‘Lank gewag’ noem
      Ek verkreukel my want dis lekker om vriendskappe te sien ontwikkel … dit kan ook romanse raak…

  8. Ja jong so n deeltitel het ook maar sy probleme. Maar n garage wat so duur is is ook maar nie die moeite werd nie. Nou verlang ek sommer na ou Pietersburg en Pottie ook.

  9. As jy nie gereedskap het om te stoor of ‘n handyman is wat saag en beitel nie, het jy mos nie ‘n motorhuis nodig nie. Jy kan vir jou motor ‘n afdak bou wat baie goedkoper sal wees. Ons het ‘n staalafdak wat baie netjies is en indien nodig kan jy ‘n staalhek voor aansit.

    • Dis deeltitel so mens kan niks byvoeg … daar is netafdakke wat op die aarde niks werd is nie Ek het al die tyd gekerm oor staalafdakke en hulle het hulle afgevee, maae darem die toilet verhoog en elke kamer het 6 muurproppe waaroor ek ook van die begin af gekerm het oor.

  10. Word n aangeboude (platdak) garage toegelaat . Omdat dit goedkoop gedoen kan word, skop snobiste daarteen – Ma-plotterig. Verlaag die waarde van ander eenhede. Skend die argitek se geheelkonsep. Jou eenheid kan miskien vergroot word tot die argitek ontwerpte ingeboude garage soort . Duurder. Wat van n boggelnetafdak ?

    • Dis deeltitel so mens kan nie maak wat jy wil. Ons het die boggelnet afdakke maar die kar is baie gou vuil In die nag is die buite ligte so swak dat mens sukkel om by jou huisie te kom Na die eerst Bosveld hael gaan my kasr vol duike en die net in flarde wees

  11. Google n bietjie die boukostes per meter in jou area! Dan kan jy sien of dit n rip off is. Ek hou dsarem van n garage.

    • Jaaaaa … jy is darem lekker slim

      • Haai😉 nog iets jy is mos nie bekommerd oor hoeveel die ding voor verkoop as jy eers dood is nie – dis die lewendes se problem!

        • Nee maar as die tweede wooneenheid leeg staan moet ek nog die heffings betaal. Teen die tempo wat die goed verkoop hier gaan ek dood wees voor ek wins kan maak op die plek Die prys gaan nie verhoog voor almal nie verkoop is nie. Sug… onthou ek het maar staatsdiens gewerk

          • Nee maar jy moet mos n ooreenkoms met die powers to be. aangaan, die koop kan slegs deurgaan as jy jou eenheid verkoop hert. Anders is dit regtig nie n opsie nie!

            • Die R300 000 vir ‘n enkel garage voel net vir my baie en om weer te trek kos ook geld … hierdie koop is nog nie eers afgehandel nie Ek is gatvol gewag… ons is al in die vierde jaar

  12. O jong, ek weet my Oupa-hulle het ook so storie gehad met die garage koop by hulle plekkie. Dit was ook ‘n storie toe hy oorlede is want dis aparte kostes van die huis ens ens ens.

    Maar ja, ek hou van ‘n garage. Mens kan altyd goed bere. Ek is mal oor kratte en bokse en goeters!

    En nee, ek is nie ‘n hoarder nie! 🙂

  13. Ag te “cute” die apies en ek is nou so deurmekaar soos jy oor daardie huis met die vele style🙂

%d bloggers like this: