Stadig maar seker ontdek ons die wondere van ‘n blogwerf wat vir derduisende bloggers werk. Ek het in die begin van die week die reader ontdek – en wat ‘n wonderlike ding is dit nie, dit nadat ek myself in soveel eposse verdrink het, dat ek op die einde niemand kon antwoord nie. Ek gaan probeer verduidelik hoe jy te werk kan gaan om alle e-posse te systap deur die gebruik van die reader.
Bo aan jou jou blog aan die regterkant waar jou naam staan is ‘n speekwolkie of sterretjie as daar nie nuwe kommentaar is nie.
Click Spreekwolkie
Jy kan hier alle kommetaar antwoord – selfs van jou Litnet blog as jy dieselfde e-pos adres gebruik. Hierdie wolkie is nou ook op Litnet!
Regs bo staan ViewArchive Click
Links is daar opskriffies en kan jy kyk na jou follows en ander funksies
links bo reader/leser Click
Dan sien jy al die nuwe blogs van die mense wat jy follow se nuwe blogs Jy kan Like click en daar kommentaar lewer sonder dat jy die persoon se blog besoek Dis honderd maal vinniger en maak die hele besoek ‘n ware plesier.
Jy sal ook hier die Blogs I Follow kry en ‘n lysie van ander bloggers waarvan jou mede bloggers hou Dit verskaf ure se lees en uitsoek plesier.
Hier gaan dit regtig nog lekker word.
Dankie Tina,ons ontdek maar so stadig maar seker!
Jip Lekker dag
Ag shame, sy lyk heel onge-ellied met haarself! En jip, ek het die reader al ontdek! Werk baie lekker.
Eish mens sukkel as jy stupid is!
Jip hier gaan ons nog lekker blog
🙂
Dankie, dis beslis baie handig / ogig? Lekker Sondag vir jou.
🙂
Aanhouer wen! Probeer is die beste geweer! Nou kan jy fees vier
Sug … ek wens ek kan my oë bietjie beter oophou!
Hahaha ek sien nou were die grappie, shame
🙂
My taal, het ek aanvanklik op Afrikaans gestel, weer verander na Engels, want iemand het vir my met die Engelse instruksies gehelp. Sak seker later na Afrikaans verander, sodra ek bietjie meer gekonfyt is hier. Jy is reg, ek dink dat dit gaan lekker word, ook dat daar geen probleem met foto’s is wat verklein hoef te word nie. My foto’s verskyn nou bietjie klein, hoe kan ek maak dat hulle by die blad pas, asseblief.
Ek het Fastone Photo resizer afgelaai en maak daarmee my foto’s kleiner Jy kan ook met die verskillende themes eksperimeteer Dit verskil nogal vir my werk 640 X 480
My blog praat net Engels! In daardie geval kan jy alles onder die logo kry, dit lyk soos die vw logo!
10 uit 10 vir jou lesse.
Hehehehe… ek het nog nooit onder daardie teken gaan soek nie… Wys net weer skoenmaker hou jou by jou lees! Daar vat ek sommer die lang pas
ek dag jy weet van reader.. dit is hoekom ek lank terug vir jou vertel het ek lees my blogs wat ek volg by reader. Ek het maar baie geboer op wordpress se site how to blog ..daar is nog baie dinge wat ek by dag meer leer so deur julle.
Dit was behoorlik vir my ‘n aha-oomblik … ek is nou nog stokflou van al die eposse
ek hou omtrent net daaardie epos-adres aan oor Wpress daarop aandring, ek gaan nooit eers daar loer nie…
hehehehe ek het ook almal se kommentare laat kom nou moet jy weet en die goed kom na my foon ook Ek was amper dood
algaande leert men.. mens hou aan met leer. Minstens het jy bedrywige selfoon gehad.. die kinders sal beslis dink Juffrou is COOL.
Sou mens nou dink net… hulle neem dit net as vanselfsprekend aan … Grinnik my hart wor nou yskoud om te dink dat ek vir Rkenanaarvaardigheid gegee het ….ooooo hulle het darem erg geWoord vir Afrika
praat jou blog met jou AFRIKAANS? My taal ingestel in Engels.
😀
Jip Ek is aan die Afrikaanse kant