En (Skuus Lou maar ons het 4 weke gewag) Litnet is nou weer ‘reg’. Ek voel soos ‘n hond wat die kar gevang het en nie weet wat om daarmee te doen nie. Ek het besluit om nou maar heen en weer te blog op altwee plekke en dan kyk waar die meeste belangstelling sal wees.
Wat gaan jy doen? Hoop net nie jy beplan om op te hou blog nie.
Het jy al geglimlag?
Vir hoe lank gaan Litnet funksioneer voordat daar weer kinkels in die kabel is? Nee wat, ek is nou hier en ek vind hierdie werf baie meer gebruikersvriendelik as Litnet.
Ek dink jy is reg. Ek hou veral van die kommentaar so bymekaar
Hi Tina!
Ek is bly die dinge by Litnet raak beter vir die mense daar, maar ek persoonlik is klaar met Litnet.
Buitendien, ek voel lekker tuis hier en hier is meer funksies wat WERK.
Ek is bly ek het uiteindelik getrek.
Maar jy moet ons nie nou afskeep hier nie hoor!
Ek gaan probeer om al twee te doen Al moet ek dubliseer So sit ek op twee stoele en kry die beste uit twee wêrelde
Ek het my hele blog sommer afgehaal van Litnet. Dit het my half begin verveel ook want daar kom geen nuwe bloggers nie 😦
Jy is reg, maar ek groei vas aan plekker en word grensloos lojaal Gelukkig het ek ook meer tyd
Onthou as jy nie uitgaan op WP en nuwe mense follow nie sit jy ook maar heeltyd met dieselfde ou mense soos ek?
Hehehe, ja man, ek love al die ou Litnet mense baie! Jy weet mos.
Maar dis lekker hier ook, daar is so paar engelse blogs wat ek ook volg wat bietjie anders is, bietjie ander leesstof!
Maar ek love julle die meeste!
Ek hou jou maar net bietjie op jou tone
Hehehehe ok Tina!
😉
Nee wat julle hunker te veel op twee gedagtes! Raak sommer duiselig van al die oor en weerdery! Geen wonder die bloggery maak my elke nou en dan depressief!
Ek blog nou reeds van 2006 en het al baie dinge beleef . Ek hou nog baie daarvan Dit pas my persoonlikheid soos ‘n handskoen. Ek sal dit seker doen tot ek eendag omslaan
Lekker man! Ek dink ek het scrapydodog se follow opgelos. Laat weet of jy n aanwysing kry asb
Nope Ek wonder daaroor Dis miskien omdat altwee die blogs se e-posadres dieselfde is?
? 😀
Sjoe, heerlik om weer jou goed te kan lees! Ek verstaan GLAD NIE die Litnet/WP konnotasie nie, maar dis okei. Nou moet ek eers WP leer ken, en die res sal hopelik volg.
Hier is regtig baie neer dinge waarmee mens jou blog kan versier en uitprobeer
Hoop ons sien jou binnekort hier!
Jip dit sal lekker wees … ek raak al ongeduldig dat die mense moet blog en besef dat mens hiermee kan saamleef.
Die foto van die outjies wat manne geword het is kostelik!
Ja daar was ‘n vrou op FB wat elke jaar haar kinders op ‘n kruiwa afgeneem het. Dis sulke kosbare foto’s
Hoe kommentaar jy uit litnet ?
Hulle het ”n WP kommentaar blokkie bygevoeg … Ek sit en kyk na die litnetopdateerblad terwyl ek jou hier antwoord
En die eerste keer is ek nou dom…ek weet nie hoe jy dit reg kry nie
Ek ook nie. Dis dalk omdat ek ‘n blog geskryf het Die blokkie hjet langs Howdy Tina verskyn toe julle op WP kommentaar geskryf het Fletcher reken dis omdat die e-posadres gekoppel is.
Tel like as belangstelling?
Jip … Mens het mosa nie altyd kommentaar nie. Ek antwoord hierdie nou vanuit my Litnetblog Ek is regtig opgewonde… dit gaan baie lekker werk Ek hoop net die litnet kantw werk ook op WP
Het jy dieselfde blog op litnet?
Nee ek het nounet dit eers agter gekom Op Litnet het ek nog nie kommentaar nie, maar ek antwoord jou nou uit Litnet
Dan is dit deur wp gekoppel aan jou emailadres! Nice!
Ek weet nie so mooi nie Dis mos my tweede blog en toe het ek my adres effe verander Zeppie se kommentaar op Litnet kom nie hier voor nie
Dan verstaan ek nie baie mooi nie want die enigste manier wat WP jou kan koppel aan litnet is deur jou emailadres. dalk het Zeppie 2 verskillende mailadresse?
Ek verstaan dit ook nie want net die WP se kommentaar is hier Zeppie, Exi en Danie het kommentaat op die litnetblog gelewer en dit verskyn nie hier nie Ek het nog nie op WP gekyk nie maar ek kan nie sien dat dit daar sal wees nie?
Moenie WordPress verwaarloos nie!
Sê ek ook
Ek gaan regtig probeer. My getjommel is nie nou nie veel werd nie maar ek geniet dit en kuier graag met mense.
Sê ek ook!
😉
Aha hulle het nou hierdie kommentaar funksie by Litnet bygevoeg Dalk gaan ons nou waarlik vooruit
Ek het hard gewerk om die mense bymekaar te kry hier en as hulle my blog volg is dit net goeie smaak om moeite te doen … Van al die blogs is dit nog net Litnet wat bestaan en daarom voel ek darem hier ook lojaal
Tina jy verdien sowaar ‘n madalje vir al jou moeite om die groepie bloggers bymekaar te hou. Jy’s werklik ‘n yster hier
hehehe dankie ek is nie baie slim en vaardig nie maar ek kan vasbyt soos ‘n bulldog