Hier by die Landgoed waar ons nou elke middag saam eet, broei daar natuurlik allerhande dinge wat in die verlede gebeur het uit. Nou die dag het ons onderwysers gesels oor hoe daar teen vroue gediskrimineer is. Jy kon nie op jou eie ‘n lening by die bank kry of selfs ‘n rekening open nie. Die mans het die promosieposte gekry ten spyte van die feit dat hulle nie hulle boeke nagesien het nie. Jy het jou permanete pos verloor as jy getrou het.
‘n Paar van die dinge het darem verander maar daar het onderliggend nog heelwat dinge gebly wat hewig ontken sal word. Die man wat die rygby kan afrig is soms baie meer werd as die vrou wat jou kind deur matriek kan kry. Die lekker van dit alles is egter dat mens dit nie meer aan jou eie bas voel nie.
Genugtig, daai reëls klink soos skending van menseregte. Wat sal SADOU daarvan sê? Dankie tog vir 2014.
Sadou was toe nog nie ‘n gedagte in iemand se kop. Dis was mos maar so in baie beroepe
Hehehe! Ja nee Blikskottel, blameer dit op die Ingelse!
Daai vroulike onderdanigheid en gelate ondergeskiktheid is deur Kerk en Staat op die wetboek geplaas.
Ek wonder waarom die vroue dit hulle laat welgeval het? Iewers moes dit begin het?
1994, presies na die donnerse Ingelse ons republiek gesteel het.
My ander foto blog sal ek ook nou gereeld weer op datu hou.
http://pxpphotography.wordpress.com/
Sug … Mens kan nie wen nie
Dankie Ek sal dit ook volg en op my Blog roll sit.
Oooo, die verskille wat so onregverdig was en steeds nog maar is! Verskille was nie net in onderwys so nie. Privaatsektor het vroue ook maar goed uitgebuit.
Ja want hulle het geweet dat die vroue die werk kan doen
Netso!
My Engels juffrou op hoërskool het nog al daai reëls nagekom!
Siestog stomme vrou
Ek wonder of onderwysers ooit tyd het om by roomys winkels te loiter?
Nou miskien nie maar in 1914 dalk wel!
Ek konnie eers die sestigs se boksies hanteer nie. Dit sou groot gemors afgegee het, het ek daardie tyd geleef.
Ne so … ons het ook minder geld as die mans gekry… my bek is nou nog dik!
Bwahahaa!Dis eintlik hartseer van snaaksgeit.Ons moes dieselfde betaal om te studeer,maar het baie minder salaris gekry as die spul lui mans op die personeel.
Praat jy… en ons moes dieselfde vir losies en ‘n nuwe kar moes betaal … wag ek moenie begin nie. Gelukkig het ek darem ander kanse gekry wat vir my baie lekker was.
ek is uit nogvoordat ek kon inkom. 😀
Jy sal bietjie moet begin blog… ons moet die plek laat werk
O jinne, dankie tog ek leef wanneer ek leef!
Ek sou dit beslis nie maak nie!
Ek ook moet ek jou sê
Dis oulik – die reels! Baie snaaks nou 100 jaar later.
Ons kyk nou die reeks Mad Men wat in die sestiger jare afspeel en selfs in Amerika is daar teen vrouens gediskrimineer,maar dis vrouens wat vir vrouens regte afgedwing het nie mans wat dit afgestaan het nie
🙂
Dis waarom dit my oog gevang het.
Ek wonder of die evolusie van die vrou anders verloop het as die man?
In water opsig?
iewers het die vrou so onderdanig geraak Ek glo mos nie dit was altyd so nie?
Nee die vrou is kleiner en meer weerbaar want sy moet die kinders baar en grootmaak. Daarvoor het sy die beskerming van die man nodig, kos, skuiling ens. Dis maar in die laaste 50 jaar dat sy ‘onafhanklikheid ‘gekry het.
Ek sien die Chinese is maar nog steeds daar.
Ok Toegegee, maar iewers moes die onderdanigheid en arrogansie begin het? Die een kan nie bra sonder die ander nie.
Oe Carol sal dit geniet … daardie Rules!
Ek hoop sal sal kom lees. Dink jy sy weet ons het getrek?
Het haar ingelig, sy dink daaraan om weer te blog.
Dit sal so lekker wees