RSS Feed

Kinders

Ek gesels vanoggend hier met die ‘nursies’ wat op die oomblik net skoonmakers is. S vertel dat sy ‘n verpleegster/noodhulp/brandweersertifikaat en openbare lisensie het om ‘n ambulans te bestuur. Sy het 7 jaar by ‘n privaat ambulansmaatskappy gewerk, maar hulle is nie altyd betaal nie. Sy was al 4 keer vir onderhoude vir ‘n staatspos, maar sy vertel as mens nie ‘n kontak daar het nie kry jy net nie ‘n pos nie.

Wat my eintlik laat wonder is, sy het nie vir haar kinders vertel dat sy hier by ons as skoonmaker werk nie.  Nou wonder ek – is daar goed wat jy nie vir jou kinders vertel nie? Goed soos wat? Waarom? Dink jy mens behoort eintlik vir hulle alles vertel. En (skuus Lou) andersom – behoort kinders vir ouers alles te vertel?

Het jy darem al vandag geglimlag?

44242

32 responses

  1. Ek vertel nie alles vir my kinders nie en soms dink ek ek wil liewers ook nie alles van hulle weet nie….maar dit vertel ek nie vir hulle nie, netnou dink hulle hul het liksens om alles te verswyg.
    Is al vroegaand, ek kan sowaar nie onthou of ek al vandag geglimlag het nie, maar jou foto het gehelp.

  2. Ouers het nooit regtig gepraat oor hul behoeftes nie! Kinders praat dus ook maar nie regtig daaroor nie. Ongelukkig is dit so dat dit al die probleme veroorsaak tussen ouer en kind en andersom ook. Kommunikasie is die belangrikste deel van die lewe

  3. Ek het besluit dat my dogter en haar vriend met sy harley vir hulle so ‘n ” contrapsion” agter die motorfiets moet haak, dan kan ek saamgaan op hulle breakfast runs. Dit het my nou laat glimlag.
    Ek dink nie dit is vir die kinders nodig om al die fyner besonderhede rondom hulle ouers se lewens te hoor nie. Dink dit sal net onnodige stres op hulle sit.

    • Ek praat eintlik van volwasse kinders want daar gaan verwyte wees as daar iets verkeerd loop Ek sou baie vies wees as my ouers nie met my gepraat het as ek dalk kon gehelp het nie.

      • As ek aan my eie ouers dink dan dink ek ja hulle behoort ‘n mens te vertel wat in hulle lewe aangaan. As ek aan myself dink, besef ek daar is dinge waaroor ek nie met my kinders praat nie.

  4. Hi,
    Die vraag hier is eintlik “hoe lank is ‘n stuk tou?”
    Elke situasie verskil.
    Ek het definitief nie alles vir my ouers vertel nie, en hulle ook nie vir my nie.
    Dit gaan kinders bv glad nie baat om sekere stresverwante situasies se “rou details” te hoor nie.
    Weer hang dit af van die kinders se vlak van betrokkenheid, volwassenheid etc.

    Terloops. Het jy die vrou gevra of sy haar kinders vertel het?

    • Ja ek stem saam Ek dink egter mens vertel nie die kinders nie omdat jy nie wi8l hê dat hulle bekommerd is nie maar as iets fout gaan sal hulle teleurgesteld wees as hulle dalk kon help of dalk kon inspraak H6e om die saak te verbeter.

      Nee ek het haar nie gevra Sy het self vertel Haar oudste is 25 en sy iets iets in haar 40’s … sy is bekommerd want sy moet telkens die lisensie hernu en sy sê sy verloor haar kennis as sy dit nie gebruik nie Ook dat hulle eerder jonger mense sal aanstel

  5. Ek is mal oor die foto!
    Mens hoort nie alles vir jou kinders te vertel nie.

  6. So cute! My mom would enjoy that.🙂

  7. Haai nee jy kan mos nie vir die kinders alles vertel nie, ek dink ooknie hulle vertel alles vir jou nie
    😊 Die antie agterop se naam is backseat driver

  8. Met die slingerveleffek van jackknife word ouma en haar batterykarretjie n ruimtesateliet.

  9. Ouma wag vir die jackknife. Nie een van die drie behelmit nie. Roekeloos, hierdie ryk hippies.

%d bloggers like this: