RSS Feed

Nuwe WP bloggers

Hierdie is om te toets of jy kennis van my blog hier kry. Ajy jy kennis gekry het laat asb net ‘n stukkie kommentaar

Ek deel sommer met jou my FB – Elke dag ‘n foto inskrywing:

Lollies,eet jou groente!!!

Lollies, eet jou ertjies en pampoen.Groente is goed vir n ses jarige mesiekind soos jy sê my ma seker elke dag vir my.Ag ma as ek lus word goente sal ek hoender eet soos oupa.Oupa sê in elk geval hy is nie n bok nie en eet nie slaai nie.
Dogtertjie!! Jy moet jou nie cheeky hou nie,antwoord my ma dan. Eet jou groente dat jy groot kan word of wil jy klein bly? Dis nou hierdie stelling van my ma wat my nou heeltemal na haar laat staar soos n koei na n nuwe hek,want iets oor kos en groente verstaan ek nou glad nie.
My ma en ander grootmense wil hê ek moet altyd eet …eet …eet om groot te word soos hulle. Maar as ek nou so groot is soos hulle wat dan? Want gereeld hoor ek my ma ,my ouma en al hulle maatjies sê: “Ek is te vet; ek moet minder eet!” So ek moet eet en groot word en dan weer ophou eet om klein te word? Dit maak my nou meer deurmekaar as n verkleurmannetjie op n smartieboksie.
Ek hou van die dominee se manier van dink. Hy sê dis nie wat jy eet wat vir n mens saak maak nie….dis eerder wat jy sê wat saak maak. So ek kan mos skyfies en koeldrank en smarties en jellytots eet ,solank ek dan nie lelike goed sê of praat nie.
My pa sê ek is te wise vir my size en solank ek in sy huis onder sy dak woon sal ek eet wat my ma sê ek moet eet!…………….Ek sê dis regso,maar hy moet onthou eendag as hy oud is en hy dan weer onder my dak woon….dan gaan hy weer moet eet wat ek sê hy moet eet….
So hoe is daai vir n voedselketting????

DSCN1461

43 responses

  1. Ek het hier gelees 🙂 En lekker gelees.

  2. nou hoekom die groot uittog? die linetblogruim het my nie gepla nie maar nou is daar nemand wat my goed lees nie. beteken dit ek het my sellby date bereik. ek blog aldaar van 2008 af en het n waardevolle argief vir myself gebou. jy weet ek is n ongeskikte blogger wat nie op ‘n tit vir ‘n tat blog nie en is net versigtig dat almal wat geloop het ‘n klek is. die nuwe blog word net deur engelse besoek so ek is ‘n ombekende in hul midde. ek id besig om my nuwe boek te oordink. antw sommer op abrhamtwaksak@gmail.com

  3. Ek het toe ook hiernatoe verkas.

  4. Ek wag in spanning vir die nuwe uitdaging!!!

  5. Hi daar Tina

  6. Het jou!

    Maar ek volg jou mos al lankal hier! 😉

    Ek het my blog hier so paar maande gelede oopgemaak, maar het nog niks gedoen nie. Sug. Sal maar eers hoor of Zeppie kan klas gee weer voor ek begin. Julle almal se goedjies lyk so gevestig hier al.

    Ek voel sommer verlore
    😦

  7. Het jou e-pos ontvang, live and well. Nou moet ek net my ander maatjies opspoor, maar dit sukkel maar, ek word by ledelys net na blogs oor blogging en na my eie blog verwys.

    • Ek kry nie kennis van jou blog nie… sug wonder wat dit nou weer is

      • Ek het wel al gesien op WP kan jy by elke persoon wie jy volg, aandui of jy onmiddellik, een maal per week of glad nie wil kennis kry van blogs. Het jy al na jou instellings daar gekyk? Ek het myne daar ingestel, maar dis nog te gou om te sien of dit werk, ek sal eers weet as ek almal opvolg en sien daar is nuwe inskrywings waarvan ek nie kennis gekry het nie. Ek begin al geleidelik al meer van die WP blogs hou, veral daai blokkie langs jou Avatar regs bo, waar ek vinnig al die kommentare op my kommentaar kan volg en sommer antwoord ook.

  8. Hallo? Hallo? One two three, testing. Hallo!

  9. Nou toe, dis die begin van die aanloop! Lekker slaai wat jy daar wys!

  10. Het die e-pos gekry😀

  11. Het gekry.

  12. Ja, wat ek raak nou al amper tuis hier en so sal ons dan maar een na die ander ´n plan maak en mekaar hier kom raakloop en lees.

  13. Goed gekry, sien jou hier en op FB.

%d bloggers like this: