RSS Feed

Die Windpomp

Ek het gister die nuwe fliek Die Windpomp gaan kyk. Die is beslis nie iets wat in almal se smaak sal val nie, maar ek is besonder bly dat die mense iets anders en ekspirementeel  in Afrikaans aangepak het. As jy jou brein sover kry om die grense van ouderdom te laat vervaag, is dit voorwaar ‘n besonderse storie.  Miskien het dit my so geraak, omdat ek op die Landgoed met Oom G te doen kry.

Ongelukkig kry die flimmaker ook so paar feite oor Alzheimer deurmekaar maar ons kan dit afmaak aan kreatiewe vryheid. Al wat my regtig baie gepla het, is die bloed wat so by die neus uitloop en die persoon nie afvee nie.  Net die jong dotertjie het bietjie oorspeel, maar die ander karakters en veral die jonge mense, is die beste wat ek nog gesien het.

Jy kan gerus gaan kyk en laat weet wat jy dink. Ek sien uit na jou mening.10264688_730861953602629_8791992401440086806_n

6 responses

  1. Het gesien dit wys by Sun City, maar my man wou nie val daarvoor nie🙂 . Hoop dit sal hier naby ons ook wys.

  2. ai man, nou het jy my nuuskierig en ek is nie ‘n flieker nie 😛

  3. Dankie daarvoor. Sal moet plan maak om tyd in te werk daarvoor.

%d bloggers like this: