Met al die gesukkel op Litnet het ek bietjie gaan loer by Blogs24 Dis die WP werf wat die verskillende blogwerwe oorgeneem het. Die litnetwerf gooi telkens ‘n error boodskap uit, maar as ek so na die ander kyk is dit dit enigste een waar daar nog ‘n hele paar inskrywings per dag gemaak word.
Blog24 – Enkele blogs
Health24 – Laaste inskrywing was meer as 2 dae gelede
Parent24 – Laaste inskrywing ‘n maand gelede
Fin24 – Laaste inskrywing 2 dae gelede
Food24 Laaste inskrywing 22 April
Sport24 Die hele werf is oorgeneem deur die Jerseyman – hehehehe onthou jy hulle?
Tayla Lindquist created the group Custom Jersey Online Design – Gown Much better Using These Great Trend Ideas 7 minutes ago
Woman24 hehehehe mens moet tog maar jou sin vir humor behou, want my Anti-virus reken dis ‘n gevaarlike werf? Stomme vroue!
As ek mooi onthou is ons belowe dat die skuif sal beteken dat die gehalte van die diens wonderlik sou verbeter. Het hulle geweet dat die blogwerwe sou doodloop? Het ons ons aan ons neuse laat lei. Ons is eintlik nie ‘n keuse gegee nie.
Beteken dit dat blog in SA die einde van die pad bereik het?
Ek het nie eers eintlik lus om te glimlag nie.
Baie dankie Rondomtaliedraai, vir jou besoek op my blog. Groot waardering 🙂
Het lekker gelees dankie
Tina, ek het jou uitdaging aanvaar en minstens ‘n profiel hier oopgemaak. Maar WordPress maak dat ek nou van voor af moet leer. Ek sukkel my dood om net ‘n knoppie te kry wat ek kan druk om meer as net WordPress se eie blogwerf op te spoor sodat ek kan begin volg en kan begin lees. In daardie opsig is die Litnet blog meer verstaanbaar, maar mens sou dink dat dit dieselfde behoort te werk, Persoonlik glo ek Media 24 is nie meer daarop ingestel om iets vir Afrikaanssprekendes te gee as hulle nie meer geld daaruit kan maak nie.
Skuus ek het vergeet mens kry nie kennis van die kommentaar nie
Jy is heeltemal reg
😀
mmmmmmmmm
Ag, op WordPress kry ons afrikaanses dalk nie soveel blootstelling soos op die ander webwerwe nie, maar ek is BAIE gelukkig hier by WordPress.
En julle? Julle van Litnet? Ag, julle is BAIE welkom.
🙂
Ek is ook dol oor julle blogs… as ‘n mens nou die vriende van Litnet kan oortuig om ook te skuif sal dit heerlik wees. Vir my gaan dit meer oor die mense as blog-politiek en ek is tegnies geremd maar aards nuuskierig wat tot ernstige groot blapse uitloop. Ek gaan die uitdaging vandag hier plaas en kyk hoeveel mense stel belang.
Vertaal: n verandering is so goed as n vakansie. Ek het al heelwat ou litnetters hier raakgeloop en begin volg. Mens kan maar bietjie verbreed ook. Daar is ook n vertaling sisteem wat werk
Grinnik – Jy vergeet dat ek al vanaf 2005 af blog? Ja daar is heelwat bloggers wat op twee stoele sit soos ek. Daar is tog ook ‘n ding soos lojaliteit teenoor ‘n plek wat vir mens ‘n lekker tuiste was
Lojaliteit help nie as dinge regtig nie uitwerk of vooruit gaan nie. Gaan nie oor hoe lank jy al dit doen en bly sukkel nie
Jy is geregtig op jou mening maar om Litnet sommer van die tafel af te vee is gewoon onregverdig. Media24 is die eintlik boef in die verhaal. Alle blogwerwe het maar voordele en dinge wat minder maklik werk.
😀
😆
Maar jy weet mos media 24 stel net belang in geld en who knows pays peanuts en huur die goedkoopste. Ek het nog nooit gehoor dat mense betaal om te blog nie, maar ek skat paar advertensies sou niemand skade doen nie.
Ja ek stem… dit help egter ook nie dat Naomi nie self blog nie. Net mense met die siel van ‘n blogger het insig in die stokperdjie
Tina, ons het ziltz betaal vir die voorreg om te kon blog. Daarom reken hulle seker ons het GEEN inspraak of seggensskap daarop nie. Wonder nou hoe lank mense wel sou bly as hulle moes betaal om te kon blog.
hier het ek weer my ou Roosdoring met ‘n blog wat nie tjoef tjaf vol raak nie. Het egter baie buitelandse bloggers wat ook hier lees dat ek nie weet of ek moet oorskakel na net Afrikaans en of ek dit moet meng nie.
Ek het nog nie heeltemal besluit om te skuif nie maar ek sou die tale maar effens gemeng het Ek follow ‘n hele paar Engelse blogs en dit maak nie regtig ‘n verskil nie.
Ons Suid-Afrikaanse probleem, en veral die Afrikaners soos die blog werwe telkens bewys, is dat ons altyd reg is, arrogant is en konflik soek. Sela.
Jy is heeltemal reg. Dis seker ook ons eie skuld. Ek voel op die oomblik nog lojaal teenoor Litnet wat vir my ‘n tuiste was na Mweb. Ek is ook net bang ek gaan vriende verloor
Die Naspers blogs ly aan erge verwaarlosing, want Naspers maak nie geld uit hulle nie.
Wordpress.com daarenteen het so baie blogs in feitlik alle tale, dat die advertensies daarop genoeg geld maak vir hulle om finansieel volhoubaar te wees.
Blog in SA kan nog steeds voortgaan op hierdie uitstekende internasionale platform!
Dis net asof mens jou ou blogwerf in die steek laat?
Bring jou vriende saam!
Dis nogal die plan
O ja, jy kan mos jou inskrywings daar uitvoer, en weer hier invoer.
Ek sien Vuurklip het dit gedoen Ek is nog nie so bedrewe nie.
Gaan na http://blogs.litnet.co.za/tina/wp-admin/export.php en kliek op “Download export file”.
Let op waar op jou rekenaar hierdie file gestoor word.
Gaan na https://rondomtaliedraai.wordpress.com/wp-admin/admin.php?import=wordpress
Kliek op “Choose file”, en kry die een wat jy ge-export het
Dankie Ek dink egter my blogs kan maar daar bly Hulle is mos maar van min belang.
Van “Lojaal tot die dood toe” tot “conspiracy theorist” – het jy met die verkeerde poot uit die bed gekom? Hiers iets wat jou sal laat glimlag (en dalk die woord wat die Women 24 blad gevaarlik maak!) : Oom Gert neem sy ou moeder dokter toe om haar voorskrifte te hernu en oom Jan is daar saam met sy vrou wat ‘n skielike maagaandoening gekry het. Voor hulle hulself tuismaak vir die lang wag strek altwee na die Landbou Weekblad op die koffietafel maar Oom Gert is eerste. Oom Jan moet maar tevrede wees met die Cosmopolitan. Na ‘n rukkie se stilte vra oom Jan: ” Gert, wat vir ‘n ding is ‘n clitorus?” Oom Gert dink ‘n rukkie en se: “Nee jong Jan, ek weet regtig nie, eks mos eitlik ‘n Toyota man.”
hehehehe… jy is reg … hulle het sowaar sonder my begin eet vanmiddag! Was regtig die moer in