Op Litnet Blogs loop dinge nou skeef en niemand kan kommentaar lewer nie. Dis werklik ongemaklik en ek oorweeg sterk om hierdie my primêre blog te maak. Dit sal egter afhang van hoeveel vriende hier sal kom lees. Ek wil egter nie my hart daarop sit nie.
Ek het onlangs ‘n oulike collage program ontdek en speel te lekker. Dis ‘n deelprogammetjie maar die $40 vir die hele program is net te duur en mens gebruik dit te min. Daar is nou ongelukkig ‘n watermerk op. Die Elke dag ‘n foto onderwerp is Vuur en ek het ‘n paar voorbeelde gemaak wat ek met jou wil deel.
Ek was hier!
Welkom Ons sal maar kyk hoe dit gaan
Nou toe, ek hoop jy is suksevol hier op WP dis beslis beter as litnet se stories!
Dit was nog net ‘n gedagte Ek is was baie gelukkig op Litnet
Dis goed so, ek verstaan. Die bekende is tog maar die beste
😆
Ek verstaan dat jy die kennisgewings (as jy die blokkie getiek het) kan afskakel deur op ‘n skakel te kliek wat in elke email verskyn.
Jy kan ook jou kennisgewigs manage:
http://wordpress.com/following/edit/
Ek sal moet kyk
vuurklip het al sy litnet inskrywings na wordpress oorgedra!
Ek sal nog moet uitkyk hoe om dit te doen
Op litnet: Paneelbord/Tools/Export
Op WP: Dashboard/Tools/Import
Grinnik… dankie
More Tina,
Vuurklip het my voortgespring.
Onthou jy so ‘n per maande terug toe ek ook breedvoerig verduidelik het hoe om te export? Toe was almal net so g@tvol. Ek dink regtig om julle almal baie moeite te spaar maak vir eens die skuif en kry klaar.
Behalwe om mekaar te follow kan julle die default language op WP as afrikaans stel, dan sal die ‘whats new’ blad automaties al die (net) nuutste afr inbskrywings aandui.
Ek gaan vandag die uitdaging hier plaas en kyk wat gebeur. Ek is nie so vreeslik gesteld op my ou blogs nie … grinnik… ek is mos maar ‘n prulskrywer en my foto’s is alles op my rekenaar in ‘n groter formaat gebêre en ek sal niks daarvan verloor nie. My WP verstelling is Afrikaans vandat ek in 2012 hier oopgemaak het.
Tjek hier:
http://vuurklip.wordpress.com/
Ek is oppad
vuurklip was hier!
Dankie ek gaan nou daar by jou loer.
Litnet, ja soos Letterdash, het ek lankal vaarwel geroep, te veel arrogante agressie daar. Letterdash het intussen gejou.
Ek het nou die dag gewonder wat van die ander blogafdelings geword het. Litnet het sekerlik die langste nog staande gebly.
Weet nie of my kommentaar sal deurgaan nie, maar ek sal sekerlik ´n skuif maak as dit so aanhou
As dit nodig is sal ons jou help Dis nie so moeilik nie maar net weer anders. Grinnik maar jy is mos nie bang nie
Met jou hulp en bystand ,glad nie bang nie. Het reeds ‘n blog oopgemaak.
Wow Ek is gepas beïndruk Skreeu maar as daar iets is
Dis nogal een ding waarmee ek kwaai gesukkel het om af te neem -Vuur
Dit was van my opdragte by die eerste kursus Ek wou ‘n tjoppie braai maak die die vuur in die kruiwa Toe vrek die lig op my en die tjoppie het rou in die huis gegaan maar ek het darem my vlamme afgeneem gekry
Ok ek verstaan 😁
Ons sal maar sien Ek gaan nou regtig nie stoksielalleen sit nie.
My blog is in Engels (gewees) dus sal dit nie aard nie
Ek dink nie dit sal ‘n probleem wees nie Ons sal jou graag wil behou
Terug pieng: Toets …1…2…3