RSS Feed

Opdrag 6 Kommentaar

Ons het meer as drie weke hiervoor gewag en ek gaan geen kommentaar hieroor lewer.  Weereens is my foto’s darem nie tussen die swakstes nie, maar ook nie by die bestes nie.

DSCN4182

Vorms is hier inderdaad. Maar wat is die storie. Wat vertel hierdie foto? Waar moet ons kyk? Wat gee ons die wenke oor waar die fotograaf wil hê ons moet kyk? Probeer altyd dinge soos diepte van veld en fokuspunte gebruik om genoemde vrae te help beantwoord. Onthou, as fotograaf is jy ‘n gids vir die kyker wat help om die foto te interpreteer.

 

 Pic%20368

 

Goed raakgesien. Net jammer van die reëlings regs onder en die feit dat die foto nie in meer dramatiese lig geneem is nie. Huidiglik is dit ‘n goeie rekordskoot, maar die potensiaal is daar vir ‘n besonderse interessante foto as mens meer met die vorms van die geboue werk.

4 responses

  1. Ek dink die kommentaar is reg, maar die fotos is nog steeds baie goed!

  2. sal graag wou hoor wat jy self hier as die storie sien.

  3. Onthoui die tweede foto is geneem terwyl jy beweeg het en jou vakansie geniet het. Volgende keer sal jy alles uitlaat wat uitgelaat moet word. Dan, storie moet beter gespesifiseer word as dit sou wees om d lyn van wat verwag word te gee of te kry. Baie vae opdrag gewees. He he nou lewer ek kommentaar!

  4. nommer 1 se storie ‘n (kort verhaal)
    Button up

%d bloggers like this: