RSS Feed

Opdrag 4

Ek het oorweeg om nie die foto te plaas nie, want die organiseerders het my foto uitgelaat en ek het dae lank gesukkel om die kommentaar te bekom. Die laaste verskoning was dat die program stadig aflaai en daarom sal ek moet wag tot die foto bygevoeg kan word.  Dis nou nog nie by die ander nie en… wel… ek hou nie my asem op nie. Die opdrag was om ‘n foto wat ‘Eenvoud’ uitbeeld.

DSCN3171

“Die fotograaf het goed gedoen om die windpomp nie sentraal te plaas nie, en die horisonlyn lekker laag te hou. Dis jammer mens kan nie die onderkant van die windpomp sien nie, wat veroorsaak dat dit effens in die lug hang.Om een of ander rede is daar links en regs onder wit hoekies (asof die foto op ‘n stadium gecrop is vanaf ‘n wit oppervlak) Die wit steel dadelik mens se aandag. Mens sou graag nog meer kontras in die foto wou sien.”

Die volgende week moes ons kommentaar op foto’s wat vir ons mooi is/was by die fotoskool doen, en as gereeld blogger is dit nou nie eintlik vir my moeilik nie.

9 responses

  1. Stem saam met Rosa. Mens moet regtig wir hoekies soek. Dit trek nie my aandag af van die mooi foto nie. Het jy toe kommentaar op fotos gelewer die week?

  2. So algaande leer jy tog. Solank jy net aanhou om dit te geniet en jou nie te veel aan die kommentaar steur nie.:)

  3. Did regtig n besonderse mooi foto en met my bietjie kennis gee ek joy volpunte

  4. Ek is mal oor die foto. onthou dat hierdie mense seker kenners is maar dat dit steeds subjektiewe kommentaar is

    Die wit hoekies moet ek soek om te kan sien!!!

%d bloggers like this: