RSS Feed

Opdrag 3 Landskappe

Ek voel beslis beter oor my landskappe as troeteldiere alhoewel hulle die een nie as ‘n landskap beskou nie.

DSCN2555%20(2) copy

In hierdie foto is daar ook lekker atmosfeer, en weer eens wonder ek of dit nie beter sou werk as panorama nie. Daar is dalk net te veel blou lug bo en die pikdonker deel onder kon ook bietjie minder gewees het. Die foto is geneem met ‘n Nikon Coolpix en die f-stop was 2.8 teen 1/12 van ‘n sekonde. Die F2.8 gaan beteken dat die diepte van veld min is, maar mens kom dit nie so sterk agter nie aangesien die kamera uitgezoem was. Ek gaan hier en daar meer oor die kamerastellings praat. As dit Grieks is, moenie kommer nie – ons gaan daarby uitkom. Die lyn waarmee die water deur die foto loop help om dit te laat werk. Ons gaan later meer oor die krag van lyne en kurwes gesels.

DSCN3297%20copy-1

 

Ek is nie seker of hierdie foto in die kategorie “landskap” sal val nie, dit is eerder piktoriaal (‘n Prentjie). Die wal voor is steurend en doen afbreuk aan die foto. Onthou dat die bote en die water ‘n beter voorgrond sal vorm. Die foto kort ook kontras en is baie “besig” – die boot links raak skoon weg teen die agtergrond. Die fotograaf kon dalk met komposisie gespeel het ten einde ons aandag te plaas op die onderwerp wat die aandag moet kry. Tans gebeur daar net te veel in die foto.

7 responses

  1. Baie interessant! Ek hou van die 1ste foto!

  2. So het elkeen maar sy smaak en voorkeur. Eerste foto is baie mooi al se hul ook wat!

  3. Ek persoonlik voel daar is te veel kategorië en baie kan saamgesmet word. Die onderste foto laat my voel ek staan langs die muur en besigtig die besige uitsig op soek na iets spranklends. Wys hoe opinies veskil.

    • Die lesing praat duidelik van ‘n voorgrond, middelgrond en agtergrond. Ek het ‘n stuk van die muur afgesny maar dit was veronderstel om die voorgrond te wees. Ek het ook geleer dat selfs ‘n straat in ‘n dorp of stad is ‘n ‘landskap’. Ek is egter nie meer kleinserig hieroor nie. Die kommentaar by die ander is baie interessant.

%d bloggers like this: