RSS Feed

Opdrag 2 Troeteldiere

Eish, het ek nie gesukkel nie. Ek moet darem ook sê die keer is my foto’s nie tussen die mooistes nie. Met troeteldier is dit vir my soos voëls – ek is net gewoon te stadig en hulle is voor ek die knoppie kan druk reeds in die volgende raampie.

2-1

Wat die fotograaf hier reg gedoen het was om nader aan die hond te beweeg ten einde die hond se gesig die kern van die foto te maak. Ongelukkig was die fokus nie skerp nie, veral op die oog van die hond. Fokus is krities tot die sukses van enige foto en in hierdie geval is dit die rede waarom die foto nie werk nie. In ‘n latere les gaan ons meer gesels oor die fokuspunte op jou kamera en hoe om hulle beter te benut. O ja, iets anders wat werk is die goeie oogkontak met die “model.”

2-2

Die dilemma met hierdie foto is dat daar te min hond en te veel agtergrond is. Die fotograaf kon heelwat nader aan die hond gekom het. Onthou ook dat ons oog altyd na die helderste dee van ‘n foto getrek word. In hierdie geval is daar baie helder lig agter wat die aandag steel sowel as ‘n sonkolletjie regs onder. Omdat die hondjie van agter verlig word is dit nodig om ook van voor af deur middel van ‘n flash meer lig op Brakkie te bring. Die gesiggie is ook reg in die middel van die foto met te veel nuttelose spasie aan weerskante.

 

 

11 responses

  1. Oulik, nie ‘n maklike onderwerp nie.

  2. Ignoreer die be-oordelaars, hulle is in oogklappe gevangene. Jy is die kunstenaar wat die foto maak, nie ‘n kiekie nie, maar ‘n foto. Wat my betref is jou smaak uitstend van keuse hoe. Doen so voort en vee jou stert af aan die sogenaamde instrukteurs en be-oordelaars want kuns is eie smaak en keuse. Ooooo terloops as stokperdjie in fotografie het ek twee kursusse in my lewe gedoen en totale flops in die stokperdjie en ek het aan hand van boeke en tydskrifte myself opgelei, selfs my eie films (monokroom) ontwikkel en gedruk. Wees jouself mens, jou fotos is briljant hulle kan jou niks leer nie. Naskriffie – ek doen fotos al 62 jr plus.

    • hehehehe … erg driftig… dankie vir die omgee. Ek moet darem sê ek het self vir die ding ingeskryf en niemand behalwe ek het besluit myne is nie van die beste van die klomp nie. Ek het groot bewondering vir fotograwe soos jy wat sulke mooi dierefoto’s neem. Ek het gewoon nie die geduld nie. Goeie foto’s gebeur ook net soms toevallig – gewoonlik moet mens wERK vir ‘n goeie foto.

  3. hond sal ook nou nie so gaan lê dat die fotograaf dit maklik het nie.

  4. Cute pics, especially the second one.🙂

%d bloggers like this: