RSS Feed

Opdrag 1 Uitslag

Dit was baie interessant. Die uitslag van al die kursusgangers word gepubliseer met die foto en die kommentaar. As jy eers verby jou gekneusde ego kom en jy kyk intensief na die ander se werk, leer jy regtig baie.

DSCN8929

In hierdie foto sien ons die dilemma van skaduwees. Ons oog gaan altyd na die helderste deel van enige foto en in hierdie geval wil ons die modelletjie in die oë kyk, die probleem is dat juis daar ‘n skaduwee oor hom val. Die groen blaar en wit vensterraam veg ook teen die model (om ons aandag te wen) – die vensterraam weens die helderheid daarvan en die blaar wat ons aandag met kleur probeer steel. Onthou gerus dat ‘n flits of weerkaatser sou kon bydra tot die beligting op die model se gesig.

DSCN8967

Vriendelike model, goeie oogkontak – maar ‘n agtergrond wat soveel blink areas het dat dit heeltemal die aandag van die model af wegsteel. ‘n Oulike deel van die komposisie is die feit dat mens die woorde “I love animals” op die boek kan sien. Probeer gerus met portrette om bietjie meer afstand tussen die model en die agtergrond te kry. ‘n Probleem met die agtergrond in hierdie foto is dat dit blink, maar ook dat daar te veel is. Die model is ook reg in die middel van die foto wat meebring dat mens links en
regs van haar kyk, (na die blink kolle) en nie na haar vriendelike gesiggie nie.

 

17 responses

  1. ag pragtig man, ek hou ook van albei gevreetjies……. die boonste foto is vir my nou weer effe geheimsinnig met die skadu oor die oë, maar wie is ons om met die kenners te stry!!!!! anyway dit is alby fraai. ek voel ook soms teleurgestel as iemand se mening van myne verskil, so ek dink nie ek sal ooit ‘n goeie leerder wees nie

  2. Vertel my asb so ‘n bietjie meer wat julle hier doen en leer. My jongste dogter is deur die fotografiese gogga gebyt, maar sy kannie ‘n fotoklub bywoon nie. Ek het haar vertel van die fotos wat julle blog. Is daar professionele fotograwe wat julle werk “beoordeel,” en leer julle meer van fotografie hier? Ek dink dit is wonderlik dat daar uitgewys word wat reg of verkeerd met hierdie fotos is. Lekker kliek!!!🙂

  3. Dis interessant hoe elkeen se smaak uitkom in nie net die fotos nie maar ook die kommentaar. Dis maar menslik, elkeen het maar sy eie manier van doen en ons leer maar van kleins af van ander.

  4. soms is jou objek nie so dat jy dit kan of wil verskuif nie al is dit in die skaduwee en daar nie tyd is vir flits ens nie. of die agtergrond nie reg nie of. En met portrette is dit heel dikwels nie ‘n perfekte foto nie maar perfekte oomblik. Maar ek besef daar word krities gekyk en nie met emosie, want dis albei vir my oulike foto’s

  5. Baie interessant! Ek stem saam met die kommentaar!

  6. Wys die verskil in benadering met beoordeling. Wat my betref is die groen blaar in die eerste foto die blaps. Die tweede foto trek die model se gesig my volle aandag. Die agtergrond beklemtoon net die helder gesiggie. Smaak verskil en onthou fotografie is ‘n baie selfsugtige kuns.

    • Dankie vir jou inset. Ek dink ek is te emosioneel betrokke by my modelle en dan is ouma ook nog in die omgewing. Ek is spyt ek het nie die dogtertjie op die swaai gestuur by die vorige blog. Ek het die ander kommentaar vir jou ge-epos dalk sal jy dit geniet. Die week is troeteldiere en ek is so nuuskierig… ek sien ‘n paar foute by my foto’s maar sulke skaaphonde is nie rustige modelle nie

%d bloggers like this: