RSS Feed

Bangkok – Rose Garden

Die Rose Garden in Bangkok is ‘n besliste moet, wanneer jy Thailand besoek. Ons het wel nie ‘n enkele roos gesien, maar die heerlike ete, kulturele vertoning en wonderlike tuine voorsien ‘n lus vir die oog.

Ons het so lekker geëet dat ons effe laat was vir die vertoning van die olifante. Hulle is voorwaar sagte reuse en my hart is eintlik seer as aan die geniepsige hak dink waarmee hulle afgerig word.

Die opvoering waarmee hulle ons so kykie gegee het in die geskiedenis van Thailand was pragtig. Ek het die danse baie mooi gevind en die dans met die bamboese was ongelooflik vaardig.

 

Dit maak my half hartseer dat ons Afrikaners nie sulke sigbare kultuurgoedere het soos Thailanders nie. Ons het nie eers ‘n nasionale dans nie… sug…

 

15 responses

  1. Ek lief olifante. Hulle het sulke sagte oë.

  2. Baie interessant. ( diere mishandeling is maar daar aan die orde van die dag al erken hul dit nie) Dit is tragies om te dink hoe agteruit SA gaan om tradisie op te bou.

  3. Jy het die toyi toyi vergeet. Dis ons nasionale dans. Mooi foto’s.

  4. die kleurevolle voorlaaste foto is my gunsteling

  5. Ek het as kind op ‘n olifant by die dieretuin gery en dit was wel… bangerig en tog lekker. Kon julle nie olifante ry nie? Ons pastoorspaar was Thailand toe en ek sien op die fotos hulle het te lekker in die bosse… en deur ‘n rivier op die olifante gery.
    Ons kultuur is maar bedroef… miskien moet ons weer volkspele begin😆

    • Sug… ek dink die volkspele is maar dooierig

      • :lol:” Kompatertjie (so het dit vir my geklink) buig jou stywe rug……” Toe ek klein was het my ouers ons stadsaal toe geneem wanneer die Volkspelegroepe uit verskillende distrikte gedans het. Dit was vir my die pragtigste gesig om al daardie kleure rokke so saam te sien draai en swaai…. en die mans met hulle deftige onderbaadjies so mooi te sien buig. Kompatertjie was my gunsteling.

  6. Wat die olifante betref kan ek net saggies sê ek is ‘n diere groen “purpose” nie “cause” nie mens Ek sal nie na so iets kan kyk sonder om my top te blaas nie. Olifante hoort in die natuur nie op die verhoog nie (sic).

    • Ek hoor wat jy sê. Ek het oor die algemeen ‘n krapperigheid oor die diere in Thailand. Ons gids wat goed onderrig is/was in die leerstellings van Boeddha het, vertel dat diere nie ‘besit’ word nie, as jy dus ‘n hond het mag hy/sy vry los loop en as hy liewer by die bure wil bly is dit reg. Ek het daarenteen nog nooit soveel verwaarloosde honde gesien nie orals in Thailand … dis nie regtig ‘n ras nie sulke regte brakke. Sommige ook vasgemaak aan kort kettings sonder water of kos! Die dier by die tempels ook… hulle is maer … Ek wil liewer nie daaraan dink nie, want dit sal my mal maak.

%d bloggers like this: