RSS Feed

Terugvoer Werkopdrag 46

TERUGVOERING  : WERKOPDRAG  46

Foto 1 – Ritmiese Herhaling  –   `n Pragtige foto. Gemaklik een van jou bestes. Behalwe vir `n sinvolle komposisie is die fokus besonder skerp vanaf hier voor tot doer agter. Die kombinasie en groepering maak die toneel treffend en sê alles wat dit moet sê. Die lig is perfek. Sien ook die lekker diepteperspektief wat bereik word slegs deur die verhouding in grootte. Goed gedoen.

 

Foto 2  – Patrone  –  `n Genoegsame verskeidenheid patrone in hierdie beeld. Die vorm staan sterk uit teen die agtergrond en alle sigbare lyne  help mee om die oog in te dra na die fokuspunt. So tipies Oosters. Die komposisie sou kon doen met `n bietjie meer ruimte aan die linkerkant.

Foto 3  –  Tekstuur  –  Die tekstuur is duidelik sigbaar. Benewens die interessante sentrale toneel het jy hier ook `n sirkelkonsep binne `n diagonale opset met lyne wat van buite na binne loop. Jy bring hier sommer `n hele klompie komposisie-elemente bymekaar. Netjies gedoen.

Foto 4   –  Stemming  –  `n Treffende swart en wit foto met betekenisvolle kontras. En ja, mens kan die stemming aanvoel. Jou beligting is uitstaande. Eintlik is dit die beligting wat so `n foto maak of breek. Heel elegant.

5 responses

  1. Uitstekend! Baie geluk!

  2. Regtig fantastiese foto’s. Jy het behoorlik nut uit jou kursus!

  3. Wow, Uitstaande terugvoer wat jy gekry het. tien uit tien vir jou. Dis pragtig, jy mag maar!

  4. dit is almal pragtige foto’s

%d bloggers like this: