RSS Feed

Bangkok

Ek is terug van ‘n kort besoek aan Bangkok en Phuket. My eerste. ‘n Interessante ondervinding om die minste te sê.

Lanklaas het ek mense gesien wat so kan werk. Elke straat is ‘n miernes van bedrywigheid.

Duisende stalletjies stal daagliks hulle ware uit … ek wonder of sommige van hulle party dae nie ‘n enkele item verkoop nie. Harde werk wat die man ‘n lekker slapie laat uitpak.

Jy kan jou verwonder aan die bedrading deur die stad. Geen mens sal glo dat die bondels drade kan werk nie. Op sommige plekke lê die drade op die grond. Ek is baie seker dat daar nie kabeldiewe kan wees nie.

Allerhande kos word op die straat verkoop. Vreemde vrugte wat ek nog nooit eers van gehoor het nie of wat ek nog nooit geproe het nie.  Hierdie is eetgoedjies wat in blare toegedraai is en dan gebak is. Ons het probeer vra wat dit is maar kommunikasie was so gebrekkig dat ek nou nog net weet dar sommige piesang in het.

 

16 responses

  1. Welkom terug…. gedink jy loop iewers rond…. net nie gedink jy is Ooste toe nie😉

  2. Ek het geen begeerte om enige Oosterse land te besoek nie. Maar ek wil BAIE GRAAG Suid-Amerika toe gaan🙂

  3. Welkom terug. ADin paradise is nou ook in Phuket🙂

  4. Welkom terug. Jy het dit seker darem geniet so in die vreemde?

  5. So dit is waar jy verdwyn het. Dit lyk baie interesant en pret.

  6. julle was in ‘n groep wat seker georganiseerd was. Kind en 2 vrinne het op hulle eie gegaan, en vertel dat daardie mense jou om elke hoek en draai vir ‘n ride probeer vat

    • As jy blond is en bokant die mense uittroon het hulle nie veel van ‘n kans nie Dis baie lastig … hehehe … ek het naderhand orals op mooi Afrikaans ‘Nee dankie’ gesê. Al die mense is baie in hulle noppies met hulle kopies. Die klere is vir my net te kort en ek het nie ‘n behoefte aan juwele nie – waar dra mens dit nou ook heen?

  7. Ek hoop nie dit was ‘n te groot skok om mense te sien werk nie.

%d bloggers like this: