RSS Feed

Model 3

Teen hierdie tyd het ek al aansienlik meer geweet. Sadie is ‘n jong dame waarvoor ek skool gehou het.  Sy is ‘n sagte pragtige jong vrou wat al modelwerk gedoen het en dit help oneindig baie vir ‘n amateur fotograaf, want hulle weet van posisies en is gewoonlik gemaklik met hulle lyf. Sy was seker my gunsteling model. Ons was stoksielalleen by ‘n luukse gastehuis en ek het die sessie vreeslik geniet.

Die eerste foto was weereens dat die fotograaf nie goed is met horisonlyne nie. Ek het spesiaal nie die foto reggetrek nie sodat jy kan sien mens moet maar by enige foto oplet na die lyne.

Die foto is een van my gunsteling… daardie veraf uitdrukking op die gesig gee gevoel aan die foto. Die weerkaatsing in die deur is wel hinderlik.

Hier het my mentor gewaarsku teen liggaamsdele nader aan die kamera … daarom is haar voete groter as wat dit regtig is.Die agtergrond is ook maar effe besig.

‘n Lekker warm foto… miskien sou dit ook beter gewees het as die invalshoek anders was.

Lekker informele foto.  Dit was ‘n effense bewolkte dag en die sonlig op die gesig maak darem nie te veel skadu’s nie.

Die volgende is ‘n gunsteling foto. Die mentor het ‘n stukkie onder af gecrop maar ek plaas die foto soos dit was. Ek dink dis regtig ‘n mooi foto… wat dink jy.

18 responses

  1. My gunsteling foto die tweede laaste een…. hoekom? Net omdat ek patykeer na fotos kyk en dan kry ek een waar alles binne in my sê “ek laaaaaik,” Welgedaan rondomtaliedraai😉

  2. When you photograph people, your pictures have soul …
    Wonderful …

  3. Dankie. Soos Xena sê, ons kry nou sommer verniet tips by jou😉 Ek dink ook daai laaste foto is stunning.

    • Ek is bly as dit vir ander lesers iets kan beteken. As mens weet waarvan ander hou laat dit jou dink oor wat jy doen en kyk jy met ‘n ander oog na dinge… hehehe… en jou bestuursvernuf verswak want jy soek orals foto’s

  4. Jy leer my nogal baie met die foto’s. Ek is ‘n mik en drukker van formaat, maar nou weet ek darem om my aan die agtergrond te steur.

    • Ek is baie bly, want selfs met ‘n selfoon kan mens mooi foto’s neem as jy die basiese beginsels onthou. Ek is van nature ook ‘n mik-drukker want ek raak so opgewonde as ek iets mooi sien dat ek baie goed vergeet.

      Dankie vir die saamkyk.

  5. Baie mooi! Die ander model ook. Geluk, jy doen baie goed!

  6. Beautiful! Lovely light and softness. Particularly like the fourth and last ones.

  7. Regtig BAIE mooi fotos en ook mooi model. Ek is maar n leek en kyk nie vas in al die agtergrond goetertjies nie. Mooi bly maar mooi

  8. lovely photos!
    *Hugs*

  9. Jy is daar meisie, jy is daar. Ontspan en doen so voort.

%d bloggers like this: