RSS Feed

Model 2

Na die wankelmoedige toevallige fotosessie met ‘n model was die opdrag ‘n amptelike modelsessie waar die model drie verskillende uitrustings moes gebruik. Dit het aansienlik beter gegaan maar daar is tog nog foute wat ek kon verbeter.  Die probleem is dat ek so  opgewonde raak dat alles wat ek geleer het vergete raak.

Die model is Lisa ‘n jong kollega en moeder van twee.  Ek is seker die foto’s so nie so mooi gekom het as sy nie so lekker ontspanne was nie.

Die eerste foto wys nie regtig die uitrusting nie maar was vir my ‘n goeie inleiding. Die weerkaatsing op die deur en die sonstreep is dalk effe hinderlik en verhinder dat dit regtig ‘n goeie foto is.

Hier is die agtergrond hinderlik en ek het nog nie geleer dat die liggaamsdele naaste aan die kamera altyd groter lyk nie.

Baie beter. Buite in die koelte.  Daardie dag het ek besef dat natuurlike lig jou beste vriend kan wees.

Laatmiddagson het haar hare bietjie oorbelig. Tog hou ek van die foto. Lekker ontspanne.

Weer binne.  Agtergrond pla en sy is te naby aan die muur.  Die arm voor is regtig onvleiend. Skuus Lisa.

Ek is so spyt ek het nie geweet dat jy die vollyffoto’s beter lyk as jy dit van onderaf geneem word. Ek het lank gevat voor ek dit geleer het en vergeet nog baie keer.

Dan is ek dol oor hierdie foto. Lisa is sprankelende talentvolle vrou en ek dink die foto vertel dit alles. Ek hou ook van die sonstrepie op die groen takkie.

Ek het na hierdie fotosessie besef dat die modelfotografie baie aangenaam is, of dit vir professionele fotograwe altyd so is, weet ek nie – miskien as dinge soos ‘n worsmasjien werk, verloor mens die vreugde daarvan, maar vir my was/is elke sessie spesiaal.

 

 

11 responses

  1. Ek leer so baie… wat net mik en druk!! Dankie

  2. My fotografie hierdie… hoe jeuk my vingers!! Ons kyk nou na die foute, maar daar is baie mooi ook in die fotos😉

  3. Steeds mooi fotos. Jy weet nou egter baie meer as wat jy daardie tyd geweet het!

  4. Lisa se pragtige glimlag is daarem opmerklik in elke foto. Ek dink ook jy moet van onderaf die vollyffoto neem so dat Lisa liewers langer lyk as korter.

  5. Die laaste foto is pragtig!!!

%d bloggers like this: