RSS Feed

Model – 1

‘n Mens leer mos maar so met val en opstaan en toe ek nou die dag op die eerste fotosessie met ‘n model afkom, besef ek dat ek regtig verbeter het.  Die vollengte en halflyf foto’s is werklik maar swak, maar die ander twee is darem nie te sleg nie.

Ontmoet vir Chrissie… jy woon in die huis van Kinder- en- gesinsorg en is vanjaar in matriek. Vreemde siel. Haar lewe was nie maklik nie maar sy is een van daardie mense wat sal oorleef, wat ook al.

Kyk net die hinderlike skadu’s en mens moet nooit jou model so naby die muur plaas nie … grinnik… en kyk tog ook na die vloer en verwyder die lelike draad.

Ook hierdie een is treurig. Bly weg van die muur as jy nie studio-ligte het nie. Neem liewer jou model buite in die koelte, die lig is net te swak vir ‘n mooi foto.

Die volgende twee is darem beter. Die fokus is mooi op die oë en daar is nie hinderlike skadu’s nie

35 responses

  1. Baie mooi foto’s, veral die laaste 2!

  2. So daar was nie verkeerd geliek nie – dit is WordPress wat ‘n vuile op ons gespeel het.

  3. Baie interessant – ek kan sien watter is beter!

  4. Ek dink ek het erens die verkeerde blokkie geklik en almal se comments is op my email

  5. I have nominated you for two blogger awards. Please pick up here: http://wp.me/p23TG1-EN

  6. Ek wag maar vir jou unfocussed🙂

  7. Jy praat nou oor dinge soos beligting en die draad op die grond. Beligting is belangrik, die draad op die grond is niks.
    Ek dink die groot ding is dat die meisie se sjarme meer na vore kom in die laaste 2 fotos. Dalk het jy op daardie oomblik vir haar iets gese wat haar laat bly voel het, of intereseer het.
    As jy onthou wat dit was, sal ek ook graag wil weet!

    • Ek onthou nog baie goed want ek het gesien dat die foto’s mooi is en toe vir almal wat wou kyk gewys hoe mooi haar foto’s is. Vir haar vertel hoe maklik sy ‘n foto-model kan wees… sy is bietjie kort vir die loopplank.

      Ek is jammer ons ‘verhouding’ het later versuur. Sy is ‘n ‘sogenaamde’ probleemkind. Wens ek kon meer doen, maar nouja!

      Dankie vir jou positiewe kommentaar. Ek waardeer dit meer as wat jy ooit sal dink.

  8. I did not notice the shadows until you pointed them out, but you are right about the wire🙂
    What a pretty girl! And I agree the last two are very flattering for her.
    Just a little thing. Watch for the dust on her sweater – you can photoshop it out easily with the “clone stamp”, or maybe a different colour sweater?
    Good job! I am too nervous to do models!

    • This was my first one and I was so nervous – especially about the bad light. Just why I didn’t take her outside would nobody know.

      Thanks for the tip, this why I started this blog… I want to learn from you clever photographers! Thank you.

  9. Ek beter nie my kiekies plaas nie…..begin nou skaam kry – ter versagting ek mik en druk !!

  10. Ek het die neiging om my eie skaduwee af te neem as ek iemand afneem. Dan sien jy die skadukol op die voorwerp. 😆 Duidelik is fotografie nie my dayjob nie.

  11. Algaande leer mens! Wys jou mens verbeter tog telkens.

  12. Om modelle te fotografeer is omtrent so moelik soos om honde af te neem, veral honde met swart gesigte. Goeie probeer slag daar.

    • Ek het dit nie geweet nie. Ek het vir my eerste naakstudie ook ‘n swart model gebruik … die agtergrond is altyd problematies… het darem al baie geleer van hierdie eerste foto’s, maar ek is ook bly oor hierdie foto’s – dis vir my spesiaal.

%d bloggers like this: