RSS Feed

Horisonne

Never have I found the limits of the photographic potential. Every horizon, upon being reached, reveals another beckoning in the distance. Always, I am on the threshold.
W. Eugene Smith

Iewers in my my kop is daar ‘n probleem. As ek ‘n foto neem kan dit heeltemal in die kol lyk. Ek gebruik die gidslyne, maar as ek by my rekenaar kom is dit altyd skeef. Hier is ‘n voorbeeld van so foto waar dinge waarlik ‘skeef’ geloop het.Gelukkig kan mens dit regtrek, maar dit sou lekkerder gewees het as my oog en kop dit van die begin af reg kon kry.

21 responses

  1. hierdie lyk lekker rustig.

  2. Die foto is mooi! Miskien druk ‘n mens die kamera se knoppie harder as wat nodig is wanneer jy die foto neem. Ek doen dit ook.

  3. we have such chairs too🙂

  4. hehe, ek stem saam met rogue. Dit is die wêreld om jou wat skeef is. LOL!

  5. Ek dag dit gebeur net met my?

  6. Ek het gevind my bril(oog) is eintlik die probleem. Ek dink met die verskillende vlakke van fokus kom daar verskuiwing in. Mooie fot in elke geval

  7. Ek stem mooi foto… soms wens ek mens kan die lewe ook so regtrek !! Wat vertel die ander foto mense hoe moet mens maak sat dit regstaan? Dalk kry jy sommer tonne wenke na dese.

  8. Dis die wereld om jou wat skeef is🙂

  9. dink baie mense sukkel maar daarmee. met die regtrek verloor jy ongelukkig soms ‘n deel van die onderwerp self.
    dis egter ‘n baie mooi foto.

%d bloggers like this: