RSS Feed

Herfs

‘Herfs is die tyd vir geestelike rypwording en vervulling, wat uitloop op rustigheid en vrede in die gemoed.’ Solly Ozrovech

‘ Die herfs van die hart is ons seldsame seisoen van rypheid en kalmte; die tye wanneer ons vergewe omdat ons verstaan en waardeer omdat ons tog van afskeid weet.’ Maretha Maartens

‘ Waarom vrees jy die herfs van die lewe? Is die rooibruin blare op die grond nie net so mooi soos die bloeisels aan die boom nie?’ Cyril Conolly

30 responses

  1. Om ‘n herfsblaar te wees is fine, maar herfsblare raak later krakerig en bros…

  2. Pragtige fotos. My gunsteling seisoen!

  3. Ek hou nie van die winter nie, so die herfs bring net slegte nuus. Gelukkig is daar darem die mooi herfskleure om die nuus te versag. Mooi.

  4. Mooi woorde. Mooi kleure.

  5. Ons skryf groep het vandag juis die woord “fall” gekry om te beskryf. Het dit toe juis na die lewe se herfstyd gevoer!Interessant!

  6. Ek hou van Maretha Maartens se woorde. Ek is mos maar ‘n somer mens, maar die herfskleure is altyd pragtig.

  7. So mooi en tog maak dit my effe weemoedig

  8. Pragtig! Die kleure is so mooi!🙂
    Heerlike naweek vir jou hoor.🙂
    *hugs*

  9. Pragtig fotos en woorde, dankie Tina.

  10. dit is seer sekerlik die mooiste kleure🙂

  11. Ek is mal oor herfs, maar sukkel altyd my as af om behoorlike foto’s te neem. Daar is altyd ‘n bord of kragdrade in die pad

%d bloggers like this: