RSS Feed

Opdrag 44 – Agtergrond – Terugvoer

Ek het in die begin van die kursus twee pakkies vere gekoop en as ek te veel sukkel met ‘n opdrag het al ‘n paar keer ‘n veer uitgeruk om my uit die moeilikheid te kry.

TERUGVOERING  : WERKOPDRAG 4

Foto 1 – Neutrale Agtergrond  –   Ag nou ja, die veertjie is by jou al amper soos `n handelsmerk. Jy het die agtergrond goed gekies, want alhoewel die veertjie baie prominent uitstaan teen die agtergrond is die geheel ook aangenaam harmonieus. Netjiese fokus en beligting en interessant diagonaal geplaas. Heel elegant gedoen, soos wat dit `n veertjie toekom.

Foto 2  – Bydraende Agtergrond  –  In die kol. Alhoewel die onderwerp sterk uitstaan teen die agtergrond is die agtergrond nogtans van so `n aard dat dit die onderwerp heel gemaklik binne konteks plaas. Merk ook die kontras in vorm tussen die amper driehoekige lyne van die water en die sagte rondings van die voël. `n Uiterste sal natuurlik wees om `n sterk kontras te kry tussen lig, kleur en vorm. Omtrent soos by jou foto van die meisietjie met die rooi lap binne die sirkel.

Foto 3  –  Interessante Skaduwees  –  Ek kan nie so mooi uitmaak hoe jy by hierdie eienaardige skaduwees uitgekom het nie. Maar dat dit interessant en treffend is, is nie altemit nie.

Foto 4   –  Weerkaatsing  –  `n Interessante weerkaatsing in `n ongewone situasie. Miskien net effens verdwerg deur die heldergroen van die agtergrond. Nogtans kry mens die gevoel van lekker vars nuwe uitkyk op ou dinge.

Ek sukkel die afgelope paar dae baie met my rekenaar en kan nie so wyd kuier nie. Dis regtig nie weens ‘n gebrek aan belangstelling nie.

 

32 responses

  1. Dis darem alte lekker om so foto’s te neem en kommentaar te kry. Daarom behoort ek aan die klub, waar ons baie kritiese kommentaar kry. Die afgelope naweek was ons in Clarens en Lesotho. Ek het meer as 1 900 foto’s geneem, maar gaan natuurlik baie (die meeste daarvan) uitwis. Ons speel darem lekker, is dit nie? Dit voel heeltyd vir my soos speel. Ek geniet jou foto’s.

  2. Sowaar “in die kol”! Die gans-foto is my gunsteling.

  3. Wel gedaan Suster! Fotos bly steeds baie mooi en interessant ook!

  4. Toevallig kom ek van my blog – met Boerneef se berggans na jou blog – met die ‘gans’ foto🙂 Jou foto’s is mooi, ek sou net wou he – as dit my opdrag was – dat die persoon [wat die terugvoering gee], meer moes gese het. Bv. die blikkie/weerkaatsing:is die voorwerp in die regte plek – nie te naby or te ver nie? maw uitzoom/inzoom – dis nou dalk net ‘ek’ – wat nou ‘te’ is, maar ek sou meer detail wou he en ook raad ‘even better if…..’ of klink dit nou te ‘erg’🙂 [wat om volgende keer beter te doen/verbeter ens.]

    • Ek hoor baie duidelik wat jy sê. In die begin van die kursus het my tone gekrul oor dieselfde gevoel. Dit voel alles so half bolangs en mens weet mos daar moet plekke wees waar jy kan beter. Ek het egter die mentor gewoond geraak. Hy haal uit wat goed is en kritiseer selde. Grinnik… behalwe my horisonne wat altyd skeef is. As jou foto dan nie die galery haal nie weet jy, jy slaan die spyker mis.

  5. Ek dink die onderwerpe wat jy kies om te fotograveer pas uitstekend by die onderwerpe!! Ek hou daarvan!

  6. Pragtige foto’s rondomtalie. Ek weet absoluut niks van al die agtergronde en weerkaatsings nie. Vir my is mooi net mooi en hierdie is mooi!🙂
    *hugs*

  7. Jy het defnitief talent !

  8. Oops! I meant “they have PULLED the dirt/grease”

  9. These were interesting pictures to take for your assignment.
    I can’t understand the “shadows” in photo 3 either! The flowers look like they are floating on dirty/greasy water, and they have oulled the dirt/grease as they floated.
    Is this what happened?
    I may have misunderstood this, because my Dutch is not good🙂

    • Grin … no this is clear water in a dark baking tin in the sun that made the interesting shadows. I have changed the white balance and it made a few interesting pictures.

      Not much wrong with you Dutch!

  10. Ek het aan jou gedink toe ons vanmore rondry en foto’s neem.

    • Aha lekker, ek hoop jy het iets moois gekry. Ons mag foto’s op die mentor se fotomark plaas en ek het gevra watter foto’s die beste verkoop, Seetonele is hoog op die lys en daar het jy/julle ‘n lekker voorsprong. Ek wonder nog wat ek sal inskryf… voel my half soos verneuk, want vir my is dit tweedehands.

  11. Ek reageer gewoonlik nie op mense se fotos krities nie, ek respekteer hulle kuns gevoel. Maar, nou ja ek voel ek wil net ‘n gedagte lig. Jou eerste foto, die veer is onnatuurlik. Ek sou die veertjie op gras gesit het want dit is waar vere gewoonlik lê. Die gras agtergrond jou keuse en beslissing. Almal mooi pics.

    • Ek is baie bly dat jy krities is… dis die enigste manier waarop mens leer. Ek hoor wat jy sê maar stem nie saam nie nie. Neste is gewoonlik in bome en daarom is die tak van die boom heel moontlik. Grinnik … ek moet egter daarop wys dat mens nie ‘geel’ tarentaalvere kry nie. Die is gekleur. Ook daarom is dit onnatuurlik. Die opdrag was ook ‘n neutrale agtergrond en die veer teen die groen was vir my tye veel kontras… ek het probeer.

%d bloggers like this: