RSS Feed

Teleurstelling

Vanoggend is ek en ‘n vriendin na ons plaaslike casino waar daar ook ‘n park met voëls en slange is.

My hart is sommer seer want dit is erg verwaarloos. Die water is smering vuil.

Gelukkig is daar ‘n span werkers aan die werk en ek hoop hulle sal dit plek gou weer opknap.  Die grootste teleurstelling war dat daar geen sprake was van ‘n skoenlapperversameling – alles is vervang met prentjies en plakkers.

Ek het tog ‘n paar foto’s gekry wat ek met jou wil deel.  Eish… ek is darem ‘n fotograaf wat met oorgawe stukke kan afsny Daar is die mooiste hoendertjies waar van die vere soos kant lyk, maar ek kan nie een van die foto’s gebruik nie.

Die Flamink het sy bek so teen die grond staan en skuur. Ek wonder waarom hy/sy dit doen. Weet jy dalk?

23 responses

  1. I often wish people would think of the environment and the animals habitat before they throw their garbage into the water or on the ground. And often there are bins nearby and all it would take is a short walk to protect the environment.

  2. Pragtige kraanvoels!Onthou jy nog die kuiken wat by ons opgedaag het doerdie tyd?Jy het darem n paar mooi fotos geneem!

  3. Ek dink die flamink skuur dalk sy bek as deel van skoon maak en ook versorging; feil dit mooi. Ek het ‘n pappegaai en hy is permanent besig met sy bek en skuur dit aanhoudend teen stokke, op die vloer, ens.

  4. Sjoe ja, dit maak mens hartseer as mens moet kyk hoe sulke publieke plekke agteruit gaan maar ek is bly daar was werkers. Ons wees maar positief en glo dat sal weer mooi lyk. Baie mooi foto’s hoor! Regtig pragtig!🙂

  5. Its such a pity about the state of the park😦
    *hugs*

  6. Dit is so jammer dat alles so verval!

  7. Dis ‘n skande dat ons parke en dieretuine net al hoe meer agteruit gaan!

  8. Dit is jammer dat sulke plekke so sleg lyk.

    Ek wens ek het geweet hoekom hy sy bekkie so staan en krap…

  9. Ek hoop ook hulle doen iets aan die toestand, skreiende skande!!

  10. Hoop hulle skop dit reg in ‘n ommesientjie.

%d bloggers like this: