RSS Feed

Nuwe opdrag.

Ek het met groot ontsteltenis verneem dat daar nog net  4 lesings van my kursus oor is. Ek weet nie  wat ek met myself gaan aanvang as die kursus afgehandel is? Miskien weet jy van ‘n ander soortegelyke kursus?

Die opdrag gaan die keer oor ‘Agtergrond’:

1. Neutrale agtergrond

2. Bydraende agtergrond

3. Interessante skaduwee

4. Weerkaatsing

 

31 responses

  1. Jou foto’s is regtig goed. Nou kan jy weer ‘n kursus aanbied. xx

  2. Baie mooi! Bied hulle nie ‘n opvolg kusus aan nie? Lekker naweek!

  3. Pragtig. Doen jy nou die gevorderde kursus?

  4. Pragtige foto. Lig en liggies, skadu en diep skaduwee

  5. Dan leer jy maar vir ons!

  6. interessant , as dit nou ek was sou ek sommer met Photoskop gevoeter het🙂

  7. verkyk my aan jou foto’s ….jy is volleerd!

  8. Interessante opdrag. Ek dink nie dat enige kusrus jou verder iets kan leer nie, tensy jy wil spesialiseer in vervelige huweliksfotos of model fotografie en die is net so eentonig. Neem nou die kamera en beweeg rond, jy sal altyd iets kry wat ‘n uitdaging is en moenie die tuin verwaarloos nie. Prettige naweek en laat die kamera werk.

    • Nee ek wil nie spesialiseer nie. Ek is net een van daai mense wat goed werk binne ‘n gegewe raamwerk.
      Die paar keer wat ek modelfotografie gedoen het was dit vir my baie lekker, maar ek dink dit kan nogal vervelig raak. Ek sou dalk graag wou leer om mense met gewone lywe en gesigte op hulle beste te laat lyk. Ek sou graag ook portretstudies wou doen … maar ek ken so min mense.

      Lekker naweek

  9. Ek hou sommer baie van jou kiekies!

%d bloggers like this: