RSS Feed

Werkopdrag 43 Komposisie – Terugvoer

Ek was nie heeltemal tevrede met van die foto’s toe ek dit ingestuur het nie, maar was langtand om ander te neem. Op die platteland sonder lekker hoë geboue is die fotogeleenthede soms minder. Ek stem egter met die kommentaar saam. Dit kon beter.

TERUGVOERING

Foto 1 – Opgestelde Komposisie  –   Die beligting is deeglik gedoen om die kleur en tekstuur helder te weergee sonder om diep donker skaduwees agter te laat. Die geel kleur mag dalk effe oorversadig voorkom maar die warm kleur van die hout maak op daarvoor en bring dit terug in balans. (Twee pragtige meubelstukke). Nogal stylvol opgestel.

Foto 2  – Linieêre en Vertikale Perspektief  –  Uitstaande beligting. Jy het ook die invalshoek goed gekies om dieptepespektief maksimaal te illustreer. Hier het jy horisontale, vertikale, linieêre en skuinshoekige perspektief sinvol saamgevat in een foto. Let daarop dat alhoewel die hooftema absoluut simmetries lê, kul die agtergrond die oog daaruit sodat dit met `n vinnige kyk nie simmetries voorkom nie.

 Foto 3  –  Vermindering in Grootte deur Afstand  –  Netjies voorgestel met goeie beligting en skerp definisie.

Foto 4   –  Mense as Skaalverwysing  –  Die voorbeeld is werklik goed gekies. Maar, soos dit maar soms gebeur, is dit effens skeef en die hoek van die sonlig ook nou nie heeltemal soos jy dit seker bestel het nie.

 

 

20 responses

  1. big man there, the door of PAPPAS for sure too small for him!

  2. Steeds goeie kommentaar! Laaste foto is soos hy se. Pragtig man, jy mag maar fotos neem hoor!

  3. Geeftag!!! Ek dink nog al die pad ‘n foto is ‘n foto. Ek hou van die meubelstukke.

  4. Goeie kommentaar rondomtalie😉 Om ‘n uitstappie deur die kameralens te beleef is ‘n ander wêreld nê.

  5. Goeie kommentaar wat jy gekry het! Jy kan trots wees daarop. Ek hou ook baie van foto nr 2.

  6. Die foto’s is goed geneem en die kommentaar is positief. Jy kan goed voel oor jouself ! Ek lief daardie meubelstukke !

  7. MAL oor die tweede foto!

  8. Kyk ek het nie kennis van fotografie se riglyne nie…. maar dit klink vir my deksels goed en lyk goed, tot die laaste een…. Maar nou ja ek’s die leek, baie mooi Tina .

  9. Foto 2 is ‘n WENNER! Briljant gedoen.

%d bloggers like this: