Kwiltwerk het ‘n groot verskeidenheid van soorte en tegnieke. Ek het verlede week egter kunskwiltwerk gesien wat vir my ‘n eerste keer was.
Ek het vir die vrou gevra oor hoe dit gemaak word, maar sy wou baie liewer oor haar ‘Funky dolls’ praat. Ek het ook nagelaat om die een in sy geheel af te neem – jy is al gewaarsku dat ek soms so entoesiasties raak dat ek geleenthede mis. Ek hoop egter dat jy met die foto’s die idee van hierdie kunsvorm kry.
Amazing, ek hou ook van die trein.
Ja die hele ding vertel ‘n storie en daar is ‘n klomp stories saamgetrek
Dit is te pragtig… my oë het dadelik na “hidden objects,” begin soek.
Ek is ook so… en ek is so spyt dat ek nie die ander een afgeneem het.
Those quilts are works of art, absolutely beautiful!
*hugs*
Yes I would like one.
Genade, maar dis goed gedoen ! Wow !
Mooi nê!
Dis pragtig. Ek het ‘n baadjie met sulke kwiltwerk op en dis so mooi dat ek ook al stukkies daarvan afgeneem het. Hoe jammer mens mag nie ander ouens se kunswerk gebruik as jy aan foto-kompetisies deelneem nie, dan het joune loshande gewen.
Baie dankie… ek sou die ook nie kon gebruik nie… moet fotografie nie meer oor die tegniek as die inhou gaan vir ‘n kompetisie nie? So of jy van iets eenvoudigs iets moois maak?
hehehe… dit gaan nog ‘n lang tyd wees voor ek aan ‘n kompetisie deelnaam – die uitdagings is ‘n ander ding want dan is almal gelyk.
Dit is pragtig!! My suster doen sulke kwiltwerk – het vir albei my dogtertjies die pragtigste feetjies gemaak toe hulle jonger was!
oooo sou dit graag wou sien?
Is hierdie nie dolos kwiltwerk nie? Vriendin in Lichtenburg het eenkeer iets soortgelyk gemaak, maar ek kan dalk verkeerd wees, dink dit was met die aanbring van los elemente soos charms/ /hekelblommetjies/kralewerk en al sulke goedjies. en dan word dit met die hand vasgewerk nie masjienkwiltwerk nie.
Ja daar is nie baie krole op nie maar groot dele word met net oorgrtrek.
Dis baie goed,maar dis ‘n veeleisende stokperdjie
🙂
Ja en weet jy die leeftyd van die goed is nie so lank nie… behalwe as jy die agter glas sit en is dit nie so mooi nie.
Hier was verlede week ‘n uitstalling van kwiltwerk, hier is ‘n aktiewe groep, Lieflappers, en hulle stal uit op Nasional vlak. Jou mond hang behoorlik oop as die die goed bekyk.
Ja my sus is ook ‘n ywerige kwilter. Dis ongelooflik hoe hulle met die stukkies lap omgaan… hehehe… ek kry nie eers my foto’s se horisonne reguit nie – sal maar swak vaar met die.
Dis verskruklik mooi. kan net dink hoeveel tyd dit neem. Handwerk maak my opgewonde
Ag flip daar spel ek verskriklik verkeerd!!!
Dis wat ek teen WordPress het op ‘n ander ou se blog kan mens nie regmaak.
Ek hou ook daarvan maar die lyk na baie werk
Sjoe nogal harde werk lyk dit my!!
Ja te erg vir my moet ek sê
Ek het al PROBEER om kwiltwerk te doen, maar die stukkie steek ek diep in ‘n sak weg!
hehehe… ek moet liewer nie begin vertel van my halfklaar diepweggebêre goedjies
Ek het so ‘n deurmekaar lap begin, einddoel was ‘n duvet oortreksel, maar dit is hopeloos te veel werk!!
Dit lyk vir my te veel na harde werk. Lyk ook maar baie besig!
Dis regtig nogal mooi Die ander een was minder besig. Dis ook groot.