RSS Feed

Gautrein

Ek was in Pretoria op skool, het daar by NKP studeer en later gereeld by Unisa gedraai. As ek dus in Pretoria sou woon en in Johannesburg sou woon, sou ek beslis met die Gautrein gery het.

Ons het by Hatfield stasie baie gemaklik parkeer, en was binne 25 minute in Sandton. Goed dit was nou nie spitstyd nie – dan is dit seker baie besig, maar ons het elke keer net enkele minute gewag.

Alles is gerieflik en verloop seepglad. Ek weet nou nie hoe die vervoer van die stasie na die stad is nie, maar die gerief en die feit dat mens geen stres van die verkeer het maak sekerlik op daarvoor.

Ek wonder oor die kostes?  Het jy dit al vergelyk?

21 responses

  1. My kinders, kleinkinders… en “you name them,” het al met die Gautrein gaan ry, en sy lof besing. Ek klou nog stewig vas aan die klik-‘n-klak, klik-‘n-klak van die stoomtrein se wiele op die spore, en die lekker geskommel daar waar jy bo op jou bed lê, Sal seker een of ander tyd my bankkaard vat, en gewapen met ‘n selfoon en kindle die Gautrein ry om in Rosbank te gaan “shop.”🙄

    • ek verstaan die romanse van die ou trein… maar hierdie is heeltemal anders – dit gaan oor spoed en die frustrasie van in die verkeer vas te sit. Daar is nie eers baie tyd vir die kindle nie

      • Ek praat lekker want ek hoef nie elke dag in die verkeer in en uit nie. Vyf karre en dit is vir my ‘n verkeersknoop😆

  2. Ek sou beslis ook van die Gautrein gebruik gemaak het!

  3. Dit lyk heerlik en ‘skoon’. Dit klink ook veilig.

  4. Wil ook nog eendag die trein gaan ry.

  5. Kan jy glo dat ek wat langs spoorwegstasies grootgeword het, nog nie eens die Gautrein gery het nie? Jou foto’s het my aangesteek. Dis nou bo-aan my emmerskoplys!

    • Dis tyd dat jy met vriendinne/kinders/maat een oggend die uitstappie doen. Ons het so half elf gery en was weer drie uur tuis!

      Jong die foto ding het my gegryp nadat ek afgetree het. Goed, ek altyd skoolfoto’s geneem, maar dit was niks meer as kiekies nie. Ek kry toe die volgende op die skool se webwerf http://www.fotoklub.co.za/index.html en nou is ek beangs dat dit binnekort gaan klaar wees.

      Jy kan sommer begin om aan die weeklikse WordPress uitdaging deel te neem! Ek het al die vriendinne al op die uitkyk na geleenthede.

  6. Baie interessant! Fotos ook mooi! Treinry is tog maar iets op sy eie. Het Eerste jaar van skool hou naweke v Brakpan af Pta toe en terug gery. Oorgeklim op Germiston.Dis nou in die jare toet. Selfs een jaar De Aar toe gery met die trein!

  7. Die Gautrain is die beste ding ooit! Ek werk in Sandton en verkeer is ‘n nagmerrie. Ek ken so baie mense wat die trein gebruik. My een vriendin woon in die stad en ry dan tot by Rosebank en vat die trein van daar en al is die rit slegs 6 minute spaar sy meer as ‘n halfuur in tyd vir daardie paar kilometers – en dit stresloos. Ek werk ook vir ‘n groot maatskappy so ons het ‘n bussie wat die heeldag van ons gebou (wat loopafstand is in elk geval) tot by die stasie gaan so mens hoef nie bekommerd te wees om met jou laptop rond te loop nie of dat jy gaan nat word of koud wees nie. Vir die groot base is dit nog beter agv die direkte link tot die lughawe so hulle kan hulle karre by die werk los en van hulle stap sommer stasie toe en is dan altyd betyds vir hulle vlugte en hoef nie so te jaag in druk verkeer nie want as iets fout gaan soos ‘n verkeerslig wat buite werking is, is dit paniek. Baie mense ry van die Oosrand en klim op by Rhoadesfield wat ‘n 1/4 van die prys is as die lughawe alhoewel dit reg langs mekaar is. En natuurlik is die Pta-Jhb roete baie gewild. My vriendin het vertel dat die trein nou die dag so vol was dat mense moes wag vir die volgende trein so dit wys net hoe gerieflik dit is. Dit is ook heel veilig so mense sit en lees of doen eposse ens en natuurlik kom almal oor die naweke in Sandton inkopies doen. Ek hoor daar is sprake van so trein tussen Jhb-Dbn vir 2018 wat wonderlik sal wees!! As mens alles in ag neem, is dit ook nie te duur nie en daar is betalingskaal en afslag afhangende van hoe gereeld mens die trein gebruik so defnitief ‘n plesier.

    • Klink baie gemaklik… wat van die koste van die parkeerplek? As mens alles bereken is dit wat dit meer kos sekerlik die gerief werd.

      hehehe mens moet net die kabeldiewe in beheer kan hou!

  8. Ek was nog altyd lief vir treinry! Mooi foto’s!🙂

    • Dankie… ek het baie min trein gery. Weet net ek het een slag kinders na jou kontrei gebring en ons het by die oornagplek met die treintrokke oornag. Dit was seker die mees ongerieflikste slaap wat ek ooit gedoen het.

  9. Ek het eenmaal vanaf Oliver Tambo tot by Sandton City gery, dit was R100.
    Baie gerieflik ja, maar die probleem is dan om van SC tot by die huis te kom want die bus ry nie verby ons huis nie en dis bietjie ver om te loop met bagasie.

    • Ja … in die heel begin het ons van die stasie net voor die lughawe gery en dit was R40… Die R100 was net te veel. Nou het ons R96 betaal en dan is die R100 baie.

      Ja bagasie is ‘n probleem. hehehe… laat my dink – toe ek in Pietersburg kom woon ek twee blokke van die skool. Die eerste dag het ek geloop en die tweede dag het dit gereën … ek het nooit weer geloop nie!

%d bloggers like this: